Vaste Fondament - Bou Jou Lewe op die Onwankelbare Waarheid van die Woord van GodVoorbeeld

Vaste Fondament - Bou Jou Lewe op die Onwankelbare Waarheid van die Woord van God

DAG 33 VAN 43

Skrif: Gesag van die Skrif

Lees: 2 Timoteus 3:16-17; 2 Petrus 1:20-21

SOAP: 2 Timoteus 3:16-17; 2 Petrus 1:20-21

"Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk" (2 Timoteus 3:16-17).

"Dít veral moet julle weet: geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgelê word nie, want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie. Nee, deur die Heilige Gees meegevoer, het mense die woord wat van God kom, verkondig" (2 Petrus 1:20-21).

Oordenking

God is ’n sprekende God. Hy is nie ver en misterieus nie, maar Hy openbaar Homself deur die Bybel.

Die Bybel is nie net ’n versameling menslike geskrifte nie, maar die ware Woord van God. Deur die krag van die Heilige Gees het God meer as 40 verskillende skrywers oor drie kontinente en oor ’n tydperk van 1 500 jaar gebruik om die Bybel te skryf. Van begin tot einde openbaar die verhaal van die Skrif God se reddingsplan deur Jesus. Dit beklemtoon God se krag en liefde om die mensdom te skep en sy volk deur sy Seun te verlos, sodat ons in ’n regte verhouding met Hom herstel kan word.

Aangesien die woorde van die Skrif ook die woorde van God self is, dra elke woord in die Bybel God se gesag en waarheid. Die Woord van God ontbloot ons innerlike gedagtes en gesindhede, wys ons op sonde en lei ons op die pad van geregtigheid (Hebreërs 4:12). Dit is deur die Skrif wat ons geestelike voeding en leiding vir ons daaglikse lewens ontvang.

As gelowiges word ons geroep om onsself in die Woord van God te verdiep. Dit is deur te lees, te bestudeer, te oordink en die Skrif te memoriseer dat ons ons harte oopstel om God se stem te hoor. Die Bybel openbaar God se karakter, sy beloftes en sy plan vir ons lewens — en bring ons in ’n dieper verhouding met Hom.

Soos ons ons lewens in ooreenstemming bring met Bybelse waarhede, ervaar ons die vreugde en vrede wat voortspruit deur in gehoorsaamheid aan God te wandel. Dit gaan alles oor sy Seun, wat die rede is waarom ons behoort te juig.

Gebed

Dierbare Jesus, dankie vir die gawe van u Woord. Help my om die gesag daarvan te verstaan en dit daagliks te lees. Gebruik u Woord om my te leer, tereg te wys en in geregtigheid op te voed. Mag dit my siel voed en my lewe herskep soos ek U in meer diepte leer ken. In u Naam. Amen.

Dag 32Dag 34

Aangaande hierdie leesplan

Vaste Fondament - Bou Jou Lewe op die Onwankelbare Waarheid van die Woord van God

Hunker jy na 'n dieper, meer onwankelbare geloof? Begeer jy 'n sterker fondament in jou wandel met God? In hierdie sesweeklange Bybelstudie gaan ons 30 fundamentele waarhede van die Christelike geloof ondersoek. Elke dag gaan jy in 'n Bybelse waarheid delf, van God se natuur en die outoriteit van die Skrif, tot die belangrikheid van gehoorsaamheid en die hoop op die opstanding.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://afrikaans.lovegodgreatly.com/