Vaste Fondament - Bou Jou Lewe op die Onwankelbare Waarheid van die Woord van GodVoorbeeld

Skrif: Onfeilbaarheid van die Skrif
Lees: Psalm 19:8; Spreuke 30:5
SOAP: Psalm 19:8; Spreuke 30:5
"Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe. Die onderwysing van die Here is betroubaar: dit gee wysheid aan dié wat nog onervare is" (Psalm 19:8).
“Elke belofte van God is betroubaar; Hy beskerm dié wat by Hom skuil” (Spreuke 30:5).
Oordenking
Die onfeilbaarheid van die Skrif bevestig dat die Bybel heeltemal betroubaar en in sy oorspronklike geskrifte sonder fout is. Psalm 19:8 verseker ons dat die Woord van God foutloos en betroubaar is.
Om te beweer dat die Bybel foute bevat, sou impliseer dat daar 'n fout in God is. Omdat God sonder foute is, is sy Woord ook sonder foute. Hierdie waarheid ondersteun die betroubaarheid van die Skrif.
Vir duisende jare het die kerk die manuskripte van die Skrif gevind, gehou en bewaar. Skrifgeleerdes het hierdie woorde neergeskryf en dit in tale vertaal wat mense regoor die wêreld kan verstaan. Alhoewel ons nie meer die oorspronklike manuskripte het nie, is geleerdes vandag baie seker oor die presiese woorde in die oorspronklike manuskripte. Dit is omdat ons duisende kopieë het. Trouens, geleerdes vind vandag steeds nuwe manuskripte! God het sy Woord bewaar sodat mense van alle tye Hom intiem kan ken.
Die onfeilbaarheid van die Bybel beteken dat ons vertroue kan hê in die waarheid van die evangelie omdat die Woord van God ons daarvan verseker. Hierdie sekerheid help ons om ons twyfel te oorkom, wetende dat sy Woord waar is.
Ons moet die Bybel meer vertrou as enige persoon, idee of organisasie. Die waarhede wat in die Bybel gevind word, moet die grondslag wees vir hoe ons die wêreld om ons sien (Matteus 7:24-25).
Ons kan staatmaak op die onveranderlike, onfeilbare Woord van God. Alhoewel die Bybel deur die geskiedenis heen aangeval en bespot is, is dit die vaste fondament waarop ons ons lewens kan bou, en dit voorsien ons van die leiding, troos en wysheid wat ons nodig het.
Gebed
Dierbare Jesus, dankie dat U vir my u volmaakte en betroubare Woord gegee het. Help my om my lewe op u waarhede te bou. Versterk my geloof deur die Skrif en lei my terwyl ek probeer om volgens u Woord te leef. In u Naam. Amen.
Aangaande hierdie leesplan

Hunker jy na 'n dieper, meer onwankelbare geloof? Begeer jy 'n sterker fondament in jou wandel met God? In hierdie sesweeklange Bybelstudie gaan ons 30 fundamentele waarhede van die Christelike geloof ondersoek. Elke dag gaan jy in 'n Bybelse waarheid delf, van God se natuur en die outoriteit van die Skrif, tot die belangrikheid van gehoorsaamheid en die hoop op die opstanding.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://afrikaans.lovegodgreatly.com/