Vaste Fondament - Bou Jou Lewe op die Onwankelbare Waarheid van die Woord van GodVoorbeeld
Oordenkingsvrae:
1. Wat beteken dit om deel van die liggaam van Christus te wees? Hoe kan jy aktief jou unieke gawes en talente gebruik om hierdie week in jou kerk of gemeenskap te dien?
2. Waarom is dit belangrik vir Christene om saam met ander Christene te wees? Op watter maniere kan jy hierdie week tyd inruim om saam met ander Christene deur te bring? Sou jy sê dat jy dit 'n prioriteit maak om saam met God se mense in 'n plaaslike kerk te wees? Waarom of waarom nie?
3. Wat is volgens Jesus die grootste gebod? Hoe kan jy hierdie week liefde vir God en vir jou naaste in jou daaglikse interaksies demonstreer? Dink aan spesifieke dinge wat jy kan doen om hierdie liefde in jou huis, jou werkplek en in jou gemeenskap te bewys.
4. Watter opdrag het Jesus aan sy dissipels gegee? Hoe kan jy plaaslik en wêreldwyd aktief deelneem aan die sendingopdrag?
5. Waarom is gebed noodsaaklik in 'n gelowige se lewe en hoe moet Christene reageer op God se opdragte? Watter spesifieke stappe kan jy doen om jou verhouding met God te verdiep deur beide gebed en gehoorsaamheid?
Aangaande hierdie leesplan
Hunker jy na 'n dieper, meer onwankelbare geloof? Begeer jy 'n sterker fondament in jou wandel met God? In hierdie sesweeklange Bybelstudie gaan ons 30 fundamentele waarhede van die Christelike geloof ondersoek. Elke dag gaan jy in 'n Bybelse waarheid delf, van God se natuur en die outoriteit van die Skrif, tot die belangrikheid van gehoorsaamheid en die hoop op die opstanding.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://afrikaans.lovegodgreatly.com/