Vaste Fondament - Bou Jou Lewe op die Onwankelbare Waarheid van die Woord van GodVoorbeeld

Vaste Fondament - Bou Jou Lewe op die Onwankelbare Waarheid van die Woord van God

DAG 41 VAN 43

Christelike Lewe: Die Sendingopdrag

Lees: Matteus 28:16-20; Handelinge 1:8

SOAP: Matteus 28:19-20; Handelinge 1:8

“Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle bevel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleindig van die wêreld” (Matteus 28:19-20).

“Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilge Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot die uithoeke van die wêreld” (Handelinge 1:8).

Oordenking

Net voordat Jesus na die hemel opgevaar het, het Hy aan sy dissipels 'n opdrag gegee. Hierdie opdrag, bekend as die sendingopdrag, gaan daaroor om die evangelie te deel en ander te help om in hul geloof te groei. Dit was 'n opdrag vir die dissipels, maar dit is ook vandag 'n opdrag vir gelowiges. Die doel van ons lewens is om te dien deur Christus bekend te maak en sy liefde aan diegene naby en ver van ons te wys.

Namate ons verhouding met God verdiep, word ons herskep. Terwyl ons God se daaglikse genade en barmhartigheid ervaar, vind ons dat ons daarna smag dat ons geliefdes dieselfde genade, barmhartigheid en verlossing sal ervaar wat ons in Jesus gevind het. Deur die evangelie te deel, neem ons nie net deel aan 'n daad van liefde nie, maar deel ons ook die gawe van die ewige lewe wat Christus bewerk het.

Jesus se opdrag in Handelinge 1:8 beklemtoon hierdie sending verder. Hierdie belofte van die Heilige Gees se bemagtiging is 'n vertroostende versekering dat ons nie alleen in hierdie taak is nie. Ons is deur die Heilige Gees toegerus om sy getuies te wees, van ons plaaslike gemeenskappe af tot aan die uithoeke van die wêreld.

Om die evangelie te deel is 'n kragtige manier om diegene in ons lewens lief te hê. Die sendingopdrag roep ons op om dissipels te maak, hulle te doop en hulle te leer om Jesus te volg. Hierdie missie beteken om persoonlike gesprekke te voer, ander te dien en wêreldwye uitreike te ondersteun. Uiteindelik is dit die grootste liefdesdaad om die hoop te deel wat in die evangelie gevind word.

Gebed

Dierbare Jesus, dankie vir die missie wat U aan my gegee het. Bemagtig my met u Heilige Gees om 'n dapper en liefdevolle getuie van u waarheid te wees. Help my om die evangelie met diegene om my te deel en die verspreiding van u boodskap wêreldwyd te ondersteun. In u Naam. Amen.

Dag 40Dag 42

Aangaande hierdie leesplan

Vaste Fondament - Bou Jou Lewe op die Onwankelbare Waarheid van die Woord van God

Hunker jy na 'n dieper, meer onwankelbare geloof? Begeer jy 'n sterker fondament in jou wandel met God? In hierdie sesweeklange Bybelstudie gaan ons 30 fundamentele waarhede van die Christelike geloof ondersoek. Elke dag gaan jy in 'n Bybelse waarheid delf, van God se natuur en die outoriteit van die Skrif, tot die belangrikheid van gehoorsaamheid en die hoop op die opstanding.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://afrikaans.lovegodgreatly.com/