Vaste Fondament - Bou Jou Lewe op die Onwankelbare Waarheid van die Woord van GodVoorbeeld

Vaste Fondament - Bou Jou Lewe op die Onwankelbare Waarheid van die Woord van God

DAG 1 VAN 43

Welkom by ons studie: Vaste Fondament - Bou Jou Lewe op die Onwankelbare Waarheid van die Woord van God

Hunker jy na 'n dieper, meer onwankelbare geloof? Begeer jy 'n sterker fondament in jou wandel met God?

Delf in die kernwaarhede van jou geloof met Vaste Fondament, en ontdek die krag en stabiliteit van 'n lewe wat stewig in die Woord van God gewortel is.

In hierdie sesweeklange Bybelstudie gaan ons 30 fundamentele waarhede van die Christelike geloof ondersoek. Elke dag gaan jy in 'n Bybelse waarheid delf, van God se natuur en die outoriteit van die Skrif, tot die belangrikheid van gehoorsaamheid en die hoop op die opstanding.

Hierdie oordenkings is geskryf om jou te bemoedig en jou te leer om God met jou verstand sowel as jou hart lief te hê. Dit sal jou help om te verstaan wie God is en die vaste fondament wat Hy vir jou is.

Elke oordenking is beplan om by jou besige skedule in te pas. Ongeag of jy nog jonk in die geloof is, of jy ‘n dieper begrip begeer, Vaste Fondament: Bou jou Lewe op die Onwankelbare Waarheid van die Woord van God sal jou help om ‘n sterk geestelike fondament te lê wat in elke tydperk van die lewe vasstaan.

Besoek ons aanlyn om meer te wete te kom van ons nie-winsgewende bediening by LGG, ons missie en om nog studies te vind. Ons sien daarna uit om dieper in die Woord van God te delf en vreugde, vrede en krag te ontdek wat voortvloei uit ‘n lewe wat op Christus gebou is, een dag op ‘n keer.

_______________________

Hier by "Love God Greatly Afrikaans" gebruik ons die "SOAP"-metode vir ons Bybelstudies.

Wat is SOAP?

Hierdie metode maak dit vir jou moontlik om dieper in die verse te delf en meer te sien as wanneer jy net eenvoudig die verse lees en dan aangaan. Ons wil jou aanmoedig om tyd in te ruim om die daaglikse verse te lees en self te sien hoeveel meer jy elke dag uit jou stiltetyd kan kry.

Wat beteken "SOAP"?

Die S staan vir "Scripture":

Jy skryf die teksverse neer. Jy sal verbaas wees om te sien wat God in sy Woord aan jou openbaar deur net tyd in te ruim om die verse neer te skryf.

Die O staan vir "Observation":

Wat sien jy in die verse wat jy lees? Wie is die gehoor? Is daar ‘n herhaling van woorde? Watter woorde staan vir jou uit?

Die A staan vir "Application":

Dit is wanneer jy die Woord van God persoonlik toepas. Wat sê God vandag vir my? Hoe kan ek dít wat ek nou net gelees het in my eie lewe toepas? Is daar iets wat ek moet doen? Watter veranderinge moet ek aanbring?

Die P staan vir "Prayer":

Bid tot God en praat met Hom oor die Skrifgedeelte wat jy so pas bestudeer het. As Hy iets aan jou in sy Woord geopenbaar het, bid daaroor. Bely die sonde in jou lewe wat Hy vir jou uitgewys het.

_______________________

Inleiding:

In vandag se vinnig-veranderende wêreld kan dit 'n uitdaging wees om stabiliteit en vrede te vind. As vroue moet ons dikwels verskeie rolle en verantwoordelikhede handhaaf en uit verskeie oorde ervaar ons druk. Te midde van hierdie chaos is die behoefte aan 'n soliede fondament — een wat gegrond is in die onveranderlike waarhede van die Woord van God — nog nooit so krities gewees nie.

Vaste Fondament: Bou Jou Lewe op die Onwankelbare Waarheid van die Woord van God, is 'n studie wat ontwerp is om aan hierdie noodsaaklike behoefte te voldoen. Hierdie studie is noodsaaklik vir elke vrou wat wil groei in haar geloof, haar verhouding met God wil versterk, en 'n lewe wil lei wat sy liefde en waarheid weerspieël. Meer as net 'n studie, is dit 'n uitnodiging om jou lewe te bou op die soliede rots — die Woord van God. Terwyl jy hierdie 30 fundamentele waarhede bestudeer, sal jy toegerus word om die uitdagings van die lewe met vertroue en hoop te hanteer en jou liefde vir ons Verlosser, Jesus Christus, sal groei. Mag jy die stabiliteit en vrede waarna jy soek, vind in jou kennis en vertroue in die God wat jou innig liefhet en 'n perfekte plan vir jou lewe het.

Jy sal elke dag 'n kernwaarheid in die Skrif, daaglikse oordenkings en opregte gebede verken. Hierdie waarhede is nie slegs teologiese konsepte nie; dit is die praktiese fondament waarop ons ons lewens kan bou. Dit bied aan ons stabiliteit, hoop en rigting, ongeag watter uitdagings of lewenstydperke ons in die gesig staar. Elke oordenking is ontwerp om impak te maak, maar is ook bondig sodat dit perfek in jou daaglikse skedule sal inpas. Wanneer jy jou tot hierdie studie verbind, sal jy vind dat hierdie fundamentele waarhede nie net jou kennis verbreed nie, maar ook jou hart en uiteindelik jou lewe herskep.

Liewe vriendin, of jy dus 'n nuwe Christen, 'n ervare gelowige, of iewers tussen-in is, hierdie studie is vir jou bedoel. Dit is geskryf om jou te ontmoet waar jy is en jou te lei na 'n dieper begrip van wie God is, wie jy in Hom is, en hoe jy 'n lewe kan lei wat sy liefde en waarheid weerspieël.

Mag jy deur hierdie studie die diepte van God se liefde en die krag van sy Woord op 'n nuwe en diepgaande manier ervaar. Mag jy vind, namate jy jou lewe op die vaste fondament van sy waarheid bou, jy ook toegerus is om enige storm met vertroue en vrede te hanteer.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Vaste Fondament - Bou Jou Lewe op die Onwankelbare Waarheid van die Woord van God

Hunker jy na 'n dieper, meer onwankelbare geloof? Begeer jy 'n sterker fondament in jou wandel met God? In hierdie sesweeklange Bybelstudie gaan ons 30 fundamentele waarhede van die Christelike geloof ondersoek. Elke dag gaan jy in 'n Bybelse waarheid delf, van God se natuur en die outoriteit van die Skrif, tot die belangrikheid van gehoorsaamheid en die hoop op die opstanding.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://afrikaans.lovegodgreatly.com/