Vaste Fondament - Bou Jou Lewe op die Onwankelbare Waarheid van die Woord van GodVoorbeeld
Oordenkingsvrae:
1. Hoe weet ons dat God bestaan? Waar het jy God se hand in die natuur of in jou omgewing waargeneem?
2. Hoe kan ons die Drie-eenheid – een God in drie persone – verstaan? Hoe beskryf die Skrif die rolle van Vader, Seun en Heilige Gees in die verlossingswerk?
3. Wat is die belangrikheid van God se heiligheid? Hoe beïnvloed God se heiligheid die manier hoe Hy in jou lewe en in die wêreld om jou werk? Hoe kan jy meer doelgerig wees om heiligheid in jou lewe na te streef?
4. Hoe beïnvloed God se liefde ons lewens? Wanneer ons besef dat God se liefde onvoorwaardelik is, verander dit hoe ons ander mense liefhet. Hoe kan jy die mense in jou lewe onvoorwaardelik liefhê?
5. Watter invloed het God se geregtigheid op jou begrip van regverdigheid? Hoe kan jy op 'n praktiese manier God se geregtigheid en regverdigheid in jou lewe reflekteer? In watter areas van jou lewe moet jy ophou om geregtigheid te soek en die resultate in God se hande toevertrou?
Aangaande hierdie leesplan
Hunker jy na 'n dieper, meer onwankelbare geloof? Begeer jy 'n sterker fondament in jou wandel met God? In hierdie sesweeklange Bybelstudie gaan ons 30 fundamentele waarhede van die Christelike geloof ondersoek. Elke dag gaan jy in 'n Bybelse waarheid delf, van God se natuur en die outoriteit van die Skrif, tot die belangrikheid van gehoorsaamheid en die hoop op die opstanding.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://afrikaans.lovegodgreatly.com/