Vaste Fondament - Bou Jou Lewe op die Onwankelbare Waarheid van die Woord van GodVoorbeeld
Die natuur van God: God se Geregtigheid
Lees: Deuteronomium 32:1-4; Psalm 9:8-9
SOAP: Deuteronomium 32:4; Psalm 9:8-9
"Hy is die Rots, sy werk is volmaak, alles wat Hy doen, is regverdig. Hy is die getroue God, sonder onreg, Hy is regverdig en betroubaar" (Deuteronomium 32:4).
"Die Here is altyd op sy troon; op sy regterstoel is Hy steeds gereed vir die regspraak. Hy lewer 'n regverdige uitspraak oor alle mense, Hy vel 'n billike vonnis oor die nasies" (Psalm 9:8-9).
Oordenking
Om God se geregtigheid (of vryspraak) te verstaan, is dit uiters belangrik om die diepte van sy regverdigheid te verstaan. Deuteronomium 32:4 beklemtoon God se onberispelike regverdigheid en geregtigheid. Sy regverdigheid is 'n gevolg van sy heiligheid, wat verseker dat Hy altyd reg optree en sonde gepas hanteer.
God se geregtigheid en regverdigheid kan nie van mekaar geskei word nie. Goddelike geregtigheid beteken om te handhaaf wat reg is. Omdat God regverdig is, moet Hy teen sonde optree. Hy sou nie heilig wees as Hy dit nie gedoen het nie. God tree op as die hoogste regter, wat die regspraak foutloos en onpartydig voltrek (2 Kronieke 19:7).
Dit is noodsaaklik om te besef dat God se regverdigheid nie sy barmhartigheid of genade ongeldig maak nie. Hierdie eienskappe kom bymekaar aan die kruis waar Jesus die sondes van die mensdom op Hom geneem en die prys vir sonde namens ons betaal het. Deur Christus se offer is God se toorn teen die sonde bevredig, daarom kan ons barmhartigheid en genade ontvang.
In 'n wêreld waar onreg steeds bestaan en boosdoeners ongelukkig dikwels floreer, kan ons vertrou dat God uiteindelik alle sonde gaan oordeel (Psalm 9:8-9). As volgelinge van Christus word ons geroep om God se regverdigheid te weerspieël deur die kwesbares te beskerm en teen die kwaad op te tree, terwyl ons nederig saam met ons God wandel (Miga 6:8).
God se regverdigheid help ons om te verstaan wat geregtigheid is deur ons te leer dat ware geregtigheid — regverdigheid, integriteit en gehoorsaamheid aan God se weë beliggaam soos dit in die Skrif uiteengesit word. Wanneer ons oor die onreg om ons twyfel of gefrustreerd is, kan ons vertroosting put uit die wete dat God 'n goeie, regverdige en liefdevolle regter is. Sy regverdigheid sal uiteindelik seëvier en sy geregtigheid sal skyn.
Gebed
Dierbare Jesus, dankie vir u volmaakte regverdigheid en geregtigheid. Help my om op u regverdigheid te vertrou en u geregtigheid in my lewe te weerspieël. Gee my die moed om die kwesbares in my lewe te beskerm en regverdig op te tree in alles wat ek doen. In u Naam. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Hunker jy na 'n dieper, meer onwankelbare geloof? Begeer jy 'n sterker fondament in jou wandel met God? In hierdie sesweeklange Bybelstudie gaan ons 30 fundamentele waarhede van die Christelike geloof ondersoek. Elke dag gaan jy in 'n Bybelse waarheid delf, van God se natuur en die outoriteit van die Skrif, tot die belangrikheid van gehoorsaamheid en die hoop op die opstanding.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://afrikaans.lovegodgreatly.com/