Vaste Fondament - Bou Jou Lewe op die Onwankelbare Waarheid van die Woord van GodVoorbeeld

Vaste Fondament - Bou Jou Lewe op die Onwankelbare Waarheid van die Woord van God

DAG 39 VAN 43

Die Kerk: Gemeenskap

Lees: Handelinge 2:42-47; Hebreërs 10:24-25

SOAP: Handelinge 4:42; Hebreërs 10:24-25

“Hulle het hulle heelhartigheid toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede” (Handelinge 2:42).

“Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom” (Hebreërs 10:24-25).

Oordenking

Gemeenskap is ’n belangrike faset van die Christelike lewe, wat die gemeenskap en eenheid weerspieël wat God in die Drie-eenheid toon. Handelinge 2:42 illustreer die vroeë kerk se prioriteit en toewyding aan gemeenskap.

Van die begin af het God ons vir gemeenskap geskep. In die tuin van Eden het God saam met Adam en Eva gewandel en gedemonstreer dat gemeenskap ’n integrale deel van sy plan is. Wanneer ons in gereelde gemeenskap met ander gelowiges betrokke raak, vind ons krag en bemoediging in ons geloof. Om saam te vergader as ’n kerk-liggaam, herinner ons wie God is, wie ons in die lig van sy karakter is en die missie waarop ons is om die koninkryk van Christus te bevorder. Dit is waar ons die “mekaar” van die Skrif kan uitleef deur mekaar aan te spoor in liefde en goeie werke.

Gemeenskap gee ons geleenthede om van mekaar te leer en verantwoordbaar gehou te word. In ’n gemeenskap van gelowiges kan ons ons sondes bely, vir mekaar bid en mekaar deur die lewe se op- en afdraandes ondersteun. Wedersydse belydenis en gebed bring genesing en bevorder geestelike groei, wat ons wandel met Christus versterk.

Jesus self het die voorbeeld gestel hoe belangrikheid gemeenskap is, deur maaltye met sy dissipels te deel. Hierdie oomblikke om brood te breek, onderrig te gee en saam te bid, wys die diepgaande verbintenis en ondersteuning wat uit 'n lewe in gemeenskap kom. Gemeenskap bring ons nader aan God en aan mekaar en skep ’n liefdevolle, ondersteunende gemeenskap van gelowiges.

Gebed

Dierbare Jesus, dankie vir die gawe van gemeenskap. Help my om tyd saam met ander gelowiges te prioritiseer en ons lewens en geloof te deel. Versterk ons verbintenisse binne die liggaam van Christus en gebruik ons gemeenskap om mekaar aan te moedig en op te bou. Mag ons gemeenskap u liefde weerspieël en eer aan u Naam bring. In u Naam. Amen.

Dag 38Dag 40

Aangaande hierdie leesplan

Vaste Fondament - Bou Jou Lewe op die Onwankelbare Waarheid van die Woord van God

Hunker jy na 'n dieper, meer onwankelbare geloof? Begeer jy 'n sterker fondament in jou wandel met God? In hierdie sesweeklange Bybelstudie gaan ons 30 fundamentele waarhede van die Christelike geloof ondersoek. Elke dag gaan jy in 'n Bybelse waarheid delf, van God se natuur en die outoriteit van die Skrif, tot die belangrikheid van gehoorsaamheid en die hoop op die opstanding.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://afrikaans.lovegodgreatly.com/