Vaste Fondament - Bou Jou Lewe op die Onwankelbare Waarheid van die Woord van GodVoorbeeld
Week 6 / Wat is die Kerk? Hoe Leef ek vir Christus?
Die Kerk: Liggaam van Christus
Lees: 1 Korintiërs 12:12-27; Efesiërs 1:22-23
SOAP: 1 Korintiërs 12:27; Efesiërs 1:22-23
“Julle is die liggaam van Christus, en afsonderlik is elkeen ’n lid daarvan” (1 Korintiërs 12:27).
“Ja, aan Hom het God alles onderwerp, Hom bo alles verhef en Hom aangestel as hoof van die kerk. Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul” (Efesiërs 1:22-23).
Oordenking
Wanneer ons tot geloof in Jesus kom, is ons nie veronderstel om die lewe in isolasie met ‘n “Jesus-en-ek"-mentaliteit te leef nie. In plaas daarvan word ons in die familie van God ingelei. Alhoewel hierdie familie uit alle gelowiges bestaan wat deur die eeue heen gered is, het ons ook hier en nou deur die kerk toegang tot die familie van God.
Jesus, as deel van die gemeenskaplike Drie-enige God, het ons met middele gelaat om in gemeenskap met ander gelowiges te lewe. In die Skrif sien ons, word soms na die kerk verwys as die liggaam van Christus. 1 Korintiërs 12 herinner ons daaraan dat ons almal integrale dele van Christus se liggaam vorm en wat saamwerk om Hom aan die wêreld te weerspieël.
Om deel te wees van die liggaam van Christus beteken dat ons elkeen ’n unieke rol het om te vertolk. God het aan elkeen van ons spesifieke gawes en talente gegee om tot sy eer te gebruik. Ons is nie geroepe om álles te doen nie, maar ons is almal geroepe om by te dra op die maniere wat Hy ons daarvoor toegerus het.
Wanneer ons saamwerk as die liggaam van Christus, kan ons ’n groter impak maak. Elke lid, wat in hul Godgegewe rol funksioneer, dra by tot die gesondheid en doeltreffendheid van die hele liggaam. Hierdie samewerkende poging bring nie net eer aan God nie, maar demonstreer ook sy liefde en waarheid aan die wêreld.
Of ons gawes onderrig, dien, bemoedig, gee, lei of barmhartigheid is — elke bydrae is waardevol. Ons eenheid in ons uiteenlopende gawes wys die skoonheid van God se ontwerp vir sy kerk. Hierdie samewerking stel ons in staat om meer te bereik as wat ons individueel kon en dit versterk die liggaam van Christus.
Gebed
Dierbare Jesus, dankie dat U my deel gemaak het van die liggaam van Christus. Help my om die gawes wat U vir my gegee het te erken en te gebruik om U en ander te dien. Leer my om in eenheid met ander te werk sodat ek ’n groter impak vir u koninkryk kan maak. In u Naam. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Hunker jy na 'n dieper, meer onwankelbare geloof? Begeer jy 'n sterker fondament in jou wandel met God? In hierdie sesweeklange Bybelstudie gaan ons 30 fundamentele waarhede van die Christelike geloof ondersoek. Elke dag gaan jy in 'n Bybelse waarheid delf, van God se natuur en die outoriteit van die Skrif, tot die belangrikheid van gehoorsaamheid en die hoop op die opstanding.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://afrikaans.lovegodgreatly.com/