EsterVoorbeeld

Ester

DAG 18 VAN 43

Nader tot God met Nederigheid

Lees: Ester 4:1-7; Psalm 51:19

SOAP: Psalm 51:19

“Die offer wat U wil hê, o God, is verootmoediging: U sal 'n hart vol ootmoed en berou nie gering ag nie, o God.”

Oordenking

Toe die skokkende nuus van die verordening die Joodse volk bereik het, was hulle in smart gedompel. Stel jou net die vrees en benoudheid voor wat hul moes ervaar het – terwyl hulle in ‘n vreemde land gewoon het, geveg het om hul identiteit te behou, en nou voor ‘n uitvaardiging te staan gekom het wat hul bestaan bedreig het. Dit was ‘n tyd van groot rou, maar God was steeds teenwoordig selfs in hul donkerste tye. Hoewel sy bewegings verborge was, het Hy “agter die skerms” gewerk, besig om sy plan vir die verlossing van sy volk te laat plaasvind.

Mordegai se reaksie is ‘n kragtige voorbeeld vir ons. Hy het met ‘n gebroke hart voor God kom staan, gevul met verootmoediging en ‘n diep afhanklikheid van Hom. Psalm 51:19 herinner ons dat God nader beweeg aan hierdie soort hart – ‘n hart wat nederig en oorgegee is. Wanneer ons na God toe gaan met nederigheid, ons trots neerlê en op sy goedheid vertrou, kan ons seker wees dat Hy ons hoor.

Soms voel die lewe oorweldigend, en verstaan ons dalk nie waarom sekere dinge gebeur nie. Maar selfs in daardie tye wanneer ons nie sy hand kan sien nie, kan ons sy hart vertrou en weet dat God vir sy heerlikheid en ons beswil werk. In sulke tye nooi Hy ons uit om na Hom toe te kom met opregte en nederige harte. Hy ontmoet ons in ons gebrokenheid en werk “agter die skerms” van ons lewens.

Is daar ‘n area van jou lewe wat jy nodig het om oor te gee en jou voor God te verootmoedig? Vertrou dat Hy naby is, selfs wanneer jy Hom nie kan sien of voel nie, en weet dat Hy altyd aan die werk is in ons lewens.

Gebed

Here Jesus, help my om na U toe te kom met ‘n hart vol ootmoed en berou. Wanneer my motiewe nie suiwer is nie, openbaar dit aan my. Help my om te leef in u waarheid en op so ‘n manier wat u liefde weerspieël. Dankie dat u aan die werk is in my lewe op maniere waarvan ek nie eens bewus is nie. Amen.

Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

Ester

In 'n wêreld wat daagliks 'n uitdaging op ons geloof plaas, is dit meer belangrik as ooit om sterk en dapper te wees en op te staan vir wat reg is. Die boek Ester is tydloos en is net so toepaslik vir ons lewens vandag. Kom ons leer van Ester om te kies om dapper te wees en die regte ding te doen, te midde van onsekerheid.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans