Oorkom TeleurstellingsVoorbeeld

Deur Framaine Rabe
DIE SKADU VAN TELEURSTELLING
Die afgelope paar jaar was moeilik. Die wêreld is deur 'n pandemie, ons land ervaar ekonomiese agteruitgang, geweld en korrupsie. Gesinne en individue het COVID-verliese gelei van dood, isolasie en geen aanraking nie. Soveel pyn, seerkry, moedeloosheid, depressie – en ons wonder ─ sien God ons? Sien Hy ons pyn raak? Ons hou aan bid maar hoor Hy?
Teleurstelling is iets waardeur ons almal in die lewe gaan. Daar is klein teleurstellings wat ons maklik oorkom, maar dan is daar daardie groot teleurstellings wat soos 'n verpletterende slag is; dit kan emosioneel, verstandelik en geestelik baie nadelig wees.
Die lewe loop net nie altyd soos ons beplan het nie. Iets onverwags gebeur. Ons hoor slegte nuus. Daar is moeilikheid by die werk. Motors breek. Familielede sê dinge of doen dinge wat ons seermaak. Iemand se beloftes word verbreek.
Teleurstelling kom in alle groottes. Elke keer wanneer ons hoop nie verwesenlik word nie of ons verwagtinge of begeertes nie vervul word nie, voel ons teleurgesteld. Teleurstelling kan 'n verbygaande emosie wees oor 'n tydelike verlies, of dit kan kragtig toeslaan wanneer iets ons lewens permanent verander.
’n Groot teleurstelling kan ons heeltyd bybly en ‘n skadu op al ons reaksies gooi. As jy nie versigtig is nie, kan dit jou selfs na die put van depressie stoot. Die Bybel belowe nie dat ons nooit probleme sal hê nie, maar God gee aan ons 'n KRAGTIGE BELOFTE in die Woord:
"Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is" (Romeine 8:28).
Wat ons egter nie besef nie is dat teleurstelling eintlik maar net onvergifnis is wat toegedraai word in ‘n mooi papier. Teleurstelling is gevaarlik en ons moet daarmee deel.
Oordenking:
- Watter van jou teleurstellings gooi ‘n skaduwee oor jou lewe?
Gebed:
Here, verander my hart teenoor elkeen wat ek moet vergewe.Ek wil klaarmaak met teleurstellings en die volle vrug van die Gees deur my laat werk. In die Naam van Jesus. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Ons almal is bekend met teleurstelling. Gaan dit 'n vashouplek in ons lewe kry, of gaan ons kies om dit te oorwin? Hierdie 7-dag leesplan lei jou om met God se hulp deur jou teleurstellings te werk.
More
Ons wil graag New Life Family Church bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: nlfc.co.za