Oorkom TeleurstellingsVoorbeeld

Oorkom Teleurstellings

DAG 4 VAN 7

VALS HOOP

Dit is nodig dat ons moet bewus wees van dinge wat vals hoop skep. Dit kan lei tot diep telerustelling. Ek glo aan ‘n profetiese woord en is ‘n voorstaander van positiewe belydenis. ‘n Profetiese woord of stellings wat gemaak word oor mense, kerke, lande en situasies kan baie maklik vals hoop gee. Elke woord moet onderwerp word aan die Woord en ook aan jou geestelike leiers. Ons gryp net na die mooi woorde en glo dit vir onsself. Ons ruim nie tyd in om regtig vir God te vra of daardie woord spesifiek op ons van toepassing is nie.

In Maart 2020 het ek ‘n konferensie bygewoon. Die tema was “Die God wat sien.” Einde Maart het my man sy sig verloor. Ek het dadelik die tema van “sien” en die jaar 2020 met 20/20 visie vergelyk. Keer op keer is ek diep teleurgesteld as die wonderwerk van sig nie plaasgevind het nie. Ek het egter nooit direk van God gehoor nie. Ek het net woorde geneem en daarop gehoop.

God sal ALTYD elke woord wat Hy vir jou gee bevestig. Hy sal dit óf bevestig voordat jy die woord ontvang óf daarna. Vra God altyd vir bevestiging, selfs wanneer 'n woord direk aan jou gegee word. Wanneer profesie die doel mis en daardie woord nie waar word nie, kan die teleurstelling en hartseer jou bind en veroorsaak dat jy God bevraagteken.

Wanneer ons wysheid gebruik met die ontvangs van profetiese woorde, sal dit verhoed dat ons deur soveel onnodige teleurstelling en seer gaan.

Oordenking:

  • Vra God om direk met jou te praat deur sy Woord.
  • Vertrou die Here vir ‘n woord vir elke omstandigheid in jou lewe.

Gebed:

Here, gee my wysheid en onderskeiding. Help my om nie enige woord aan te gryp nie maar om u Woord vir myself te neem en u antwoorde vir my te vind. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Oorkom Teleurstellings

Ons almal is bekend met teleurstelling. Gaan dit 'n vashouplek in ons lewe kry, of gaan ons kies om dit te oorwin? Hierdie 7-dag leesplan lei jou om met God se hulp deur jou teleurstellings te werk.

More

Ons wil graag New Life Family Church bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: nlfc.co.za