Oorkom TeleurstellingsVoorbeeld

Oorkom Teleurstellings

DAG 3 VAN 7

WENSDENKERY

‘n Groot opening vir teleurstelling is ons eie hoop, drome en dinge wat ons verwag het dat God sou doen.

Ons maak ‘n deur oop vir teleurstelling wanneer ons hoop, wens en droom vir dinge en onsself dan oortuig dat dit God se wil is dat ons daardie dinge moet hê.

Die woord teleurstelling word gedefinieer as "hartseer of misnoeë wat veroorsaak word deur die nie-vervulling van 'n mens se hoop of verwagtinge."

Ons hoop en begeertes kan veroorsaak dat ons planne in plek stel omdat ons oortuig is dat God dit gaan doen soos ons dit gedoen wil hê. Daar is niks verkeerd daarmee om hoop te hê, doelwitte te stel en planne vir iets te maak nie, maar soms is wat ons beplan het nie wat God beplan het nie. Soms is die dinge waarvoor jy 'n verwagting of hoop het nie wat God op daardie stadium vir jou in gedagte het nie.

Spreuke 16:9 sê: "Die hart van die mens dink sy weg uit, maar die Here rig sy voetstappe."

Dit is so belangrik om die verskil te verstaan tussen wensdenkery en "God het gesê." Wensdenkery is wanneer jy hoop of glo dat iets op 'n sekere manier gebeur ─ dit is ‘n droom.

"God het gesê" is wanneer God belowe het dat iets sal gebeur. Dikwels doen ons as gelowiges baie wensdenkery en plaas ons al ons verwagtinge in wat ons wil hê moet gebeur. Ons verwag en hoop selfs dat God sal toelaat dat dinge gebeur soos ons gewens het. Wanneer dinge dan nie gebeur soos ons wil nie, raak ons ​​depressief, sonder hoop en twyfelagtig omdat ons op ons eie wensgedagtes vertrou het eerder as op God. Dan noem ons dit “geloof”.

Wanneer ons wel van God gehoor het, moet ons geduldig wees. Moenie jou tyd aan God se beloftes koppel nie. God se binnekort kan onmiddelik of ‘n lang tyd op aarde beteken. Sy tyd is nie ons tyd nie. Maar weet dit ─ wanneer God dit doen, sal dit jou verwagtinge ver oortref.

Daar is niks verkeerd om te hoop dat iets sal gebeur nie, maar moenie daaraan vashou nie, tensy jy seker is dat dit in God se plan vir jou is.

Efesiërs 3:20: "En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk."

Oordenking:

  • Hoeveel beloftes van God moet nog vir jou waar word?
  • Is jou drome in lyn met God se drome vir jou?

Gebed:

Here, laat elke droom en plan wat ek maak in u volkome wil wees. Verander my gedagtes waar ek toegelaat het dat my eie begeertes en drome die perfekte planne wat U vir my het, oorskadu. Ek wil in u weg wandel. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Oorkom Teleurstellings

Ons almal is bekend met teleurstelling. Gaan dit 'n vashouplek in ons lewe kry, of gaan ons kies om dit te oorwin? Hierdie 7-dag leesplan lei jou om met God se hulp deur jou teleurstellings te werk.

More

Ons wil graag New Life Family Church bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: nlfc.co.za