Oorkom TeleurstellingsVoorbeeld

Oorkom Teleurstellings

DAG 5 VAN 7

BITTERHEID & TWYFEL

Ons koppel dikwels ons vreugde aan situasies. Ons hoop is geanker in wat om ons aangaan eerder as in Christus. Ek het hierdie pad gestap met my man se sig ─ ek sou my hoop in die dokter of die volgende prosedure plaas. Net om erg teleurgesteld te wees met die uitslag. God wil hê ons moet hoopvol en bly wees. Dit moenie saakmaak of die situasie verander of dieselfde bly nie. Hy wil nie hê dat my emosies aan gebeure gekoppel moet wees nie. Dit neem jou net op ‘n afraende pad.

Ons blydskap moet in Christus geanker wees. Onvervulde verwagtinge kan 'n mens bitter maak. Soms word ons verwagtinge nie vervul nie, want dit is onrealistiese verwagtinge. Raadpleeg God met jou planne en drome en maak dan seker dat hulle realisties is.

Teleurstelling is die eerste saadjie van twyfel wat ons geloof binnedring. Dit klink so onskadelik, maar dit is die punt van 'n wig wat ons geestelike groei sal stop en ons verbitterd en verslae sal laat. Dink aan teleurstelling as 'n toets wat deur God toegelaat word om te sien of jy sal aanhou om Hom te vertrou, te gehoorsaam en te glo dat Hy goed is.

Die Satan het 'n strategie om ons geestelik te verslaan. Moenie jou teleurstelling laat groei nie. Dit begin by moedeloosheid. Dan begin ons selfvertroue en entoesiasme vir die lewe te verloor. Dit lei tot ontnugtering en ‘n diep teleurstelling omdat iets nie so goed is as wat 'n mens geglo het dit gaan wees nie. Ons kan selfs in depressie verval. Laastens eindig ons in nederlaag.

Johannes 10:10a beskryf dit duidelik: "Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes."

Ons almal ervaar teleurstelling om verskillende redes. Teleurstelling opsigself is nie die probleem nie ─ hoe ons teleurstelling hanteer, is die deurslaggewende kwessie.

Oordenking:

  • Watter teleurstellings het ek toegelaat om te laat wortel skiet in my lewe?

Gebed:

Here, gee my die wysheid en krag om nie toe te laat dat my teleurstellings ryp word en dieper en dieper gaan nie. Laat my lewe in die oorvloed van Johannes 10:10. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Oorkom Teleurstellings

Ons almal is bekend met teleurstelling. Gaan dit 'n vashouplek in ons lewe kry, of gaan ons kies om dit te oorwin? Hierdie 7-dag leesplan lei jou om met God se hulp deur jou teleurstellings te werk.

More

Ons wil graag New Life Family Church bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: nlfc.co.za