Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

HeeltydVoorbeeld

Heeltyd

DAG 3 VAN 5

Dag 3: Heeltyd Vrede

Filippense 4:7:En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus” (AFR83).

Ek soek dikwels vrede deur oplossings en antwoorde, maar vandag leer ek weer dat ware vrede by oorgawe begin. God se vrede is nie afhanklik van ’n probleemvrye lewe nie, maar van sy teenwoordigheid in my lewe. My sit en opstaan is reeds vooruit geskeduleer in God se dagboek.

Wanneer my gedagtes onrustig raak, besef ek hoe maklik ek in die verlede of die toekoms vasgevang kan raak. God ontmoet my egter net hier, in hiérdie oomblik. Vandag. Nou!

Elke keer wanneer bekommernis terugkom, mag ons dit weer aan God oorhandig. Sy vrede beskerm ons harte en gedagtes, selfs wanneer ons nie alles verstaan nie. Ons gedagtes kan nogal lelik rondspring, so asof daar kompetisie is tussen albei breinlobbe! Maar gedagtes dikteer nie noodwendig waarheid nie, dit is one eie persepsies wat vrede uitdaag in konfrontasie.

Gebed:

Here, ek ontvang vandag u vrede met oop hande. Bewaak my hart en my gedagtes en help my om by U te rus, ongeag my omstandighede. U is bo alle omstandighede.

Aangaande hierdie leesplan

Heeltyd

Die woord “heeltyd” herinner ons dat God in elke oomblik teenwoordig is. Nie net in gebed, Sondae of moeilike tye nie, maar selfs in ons werk, rus en wag. Om heeltyd met God te leef, beteken om elke dag met vertroue te stap, selfs wanneer ons nie alles verstaan nie, en om ons fokus steeds na Hom toe terug te bring. Sy leiding, teenwoordigheid en genade is konstant. Heeltyd beteken dat God altyd hier is, betrokke is en genoeg is om ons te dra, ongeag ons omstandighede.

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.felicia-lategan.com