Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

HeeltydVoorbeeld

Heeltyd

DAG 5 VAN 5

Dag 5: Heeltyd in Vertroue

Spreuke 3:5: “Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie” (AFR53).

Vandag besef ek dat om heeltyd met God te leef, beteken om te leer rus selfs wanneer alles nie uitgesorteer is nie. Ek hoef nie alles te verstaan om te vertrou nie. Ek hoef net te weet WIE ek vertrou. Die "wie" weeg soveel meer as die "wat".

Ek haal stadig asem en herinner my siel dat God reeds daar is, in die stilte, in die wagtyd, in die onsekerheid. Ek hoef nie te jaag of iets te bewys nie. Ek mag net wees. In hierdie oomblik kies ek om my gedagtes stil te maak en my hart oop te hou. God werk, selfs wanneer ek rus. Hy is die hele tyd getrou. Hierdie leesplan eindig, maar my pad saam met God gaan voort. Elke dag is ’n nuwe kans om te fokus, vrede te kies en in hoop te bly leef.

In Hebreërs 13 belowe God om ons nooit te verlaat nie dus is Hy 24/7 met ons … heeltyd!

Gebed:
Here, ek vertrou my lewe aan U toe. Dankie dat ek in U kan rus, vandag en altyd.

Aangaande hierdie leesplan

Heeltyd

Die woord “heeltyd” herinner ons dat God in elke oomblik teenwoordig is. Nie net in gebed, Sondae of moeilike tye nie, maar selfs in ons werk, rus en wag. Om heeltyd met God te leef, beteken om elke dag met vertroue te stap, selfs wanneer ons nie alles verstaan nie, en om ons fokus steeds na Hom toe terug te bring. Sy leiding, teenwoordigheid en genade is konstant. Heeltyd beteken dat God altyd hier is, betrokke is en genoeg is om ons te dra, ongeag ons omstandighede.

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.felicia-lategan.com