Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

HeeltydVoorbeeld

Heeltyd

DAG 4 VAN 5

Dag 4: Heeltyd Fokus

Matteus 6:33: Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al die ander dinge sal vir julle bygevoeg word” (AFR20).

My aandag word daagliks getrek na dinge wat dringend voel, maar nie noodwendig belangrik is nie. Vandag nooi God my om my fokus te hernu, om weer te kies wat eerste kom.

Wanneer ons God eerste stel, ervaar ons nie minder verantwoordelikhede nie, maar meer duidelikheid. Fokus help ons om nee te sê vir afleidings en ja te sê vir dit waartoe God ons roep.

In die eerste deel van ons teksvers, vra God nie perfeksie van ons nie, maar oorgawe; soek - doen laasgenoemde heel eerste. Wanneer ons dít doen, bring Hy orde en vrede in ons lewens. Oorgawe kan voel of jy die teuels vashou van ‘n perdewa met geen perde nie! Dink daaroor: die teuels wapper in alle rigtings met geen beheer vir ‘n stadige of vinnige spoed nie. Die teuels kan selfs behoorlik geknoop raak. Dit is dieselfde met ons fokus; rigtingloos in die wind. God is egter die Koning op ‘n sterk groot perd wat die pas aangee en rigting aanwys.

Gebed:

Here, help my om vandag my fokus op U te hou. Wys my wat ek kan los sodat ek meer bewus kan leef van wat U wil doen.

Aangaande hierdie leesplan

Heeltyd

Die woord “heeltyd” herinner ons dat God in elke oomblik teenwoordig is. Nie net in gebed, Sondae of moeilike tye nie, maar selfs in ons werk, rus en wag. Om heeltyd met God te leef, beteken om elke dag met vertroue te stap, selfs wanneer ons nie alles verstaan nie, en om ons fokus steeds na Hom toe terug te bring. Sy leiding, teenwoordigheid en genade is konstant. Heeltyd beteken dat God altyd hier is, betrokke is en genoeg is om ons te dra, ongeag ons omstandighede.

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.felicia-lategan.com