Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

Hallo, Jesus!Voorbeeld

Hallo, Jesus!

DAG 1 VAN 5

Genesis 1:31

God het toe gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was vir Hom baie mooi.

God het jou ook gemaak. Partymaal voel ’n mens nie so mooi of so vinnig of so sterk soos ’n ander maatjie nie. Jy moet onthou dat God niemand soos jy gemaak het nie. Jy is baie spesiaal.

Gebed:

Jesus, dankie dat U my so spesiaal gemaak het, en dankie vir al my talente.

Aangaande hierdie leesplan

Hallo, Jesus!

Hierdie 5-dag-leesplan vir kinders tussen 5 en 7 jaar help jong hartjies om Jesus beter te leer ken deur eenvoudige, praktiese en Bybelse waarhede. Met ouderdomsgepaste dagstukkies word kinders aangemoedig om in God se liefde te groei, op Hom te vertrou en geloof in die alledaagse lewe uit te leef. Die plan ondersteun geestelike groei en skep geleenthede vir betekenisvolle gesprekke tussen kinders en die grootmense wat saam met hulle op die geloofsreis stap.

More

Ons wil graag Lux Verbi bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.nb.co.za/en/view-book/?id=9780796323842

Verwante Leesplanne