Hallo, Jesus!Voorbeeld

Psalm 104:24
U het so baie dinge gemaak, O, Here! Dit is alles wonderlik!
God het al die diere, en die vissies in die see gemaak. Kan jy dink as hier geen diere op aarde was nie? Dit sou darem nie lekker gewees het nie. Ons moet mooi kyk na die diere wat God gemaak het.
Gebed:
Liewe Jesus, help my om mooi na die diere om my te kyk.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie 5-dag-leesplan vir kinders tussen 5 en 7 jaar help jong hartjies om Jesus beter te leer ken deur eenvoudige, praktiese en Bybelse waarhede. Met ouderdomsgepaste dagstukkies word kinders aangemoedig om in God se liefde te groei, op Hom te vertrou en geloof in die alledaagse lewe uit te leef. Die plan ondersteun geestelike groei en skep geleenthede vir betekenisvolle gesprekke tussen kinders en die grootmense wat saam met hulle op die geloofsreis stap.
More
Ons wil graag Lux Verbi bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.nb.co.za/en/view-book/?id=9780796323842