Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

Hallo, Jesus!Voorbeeld

Hallo, Jesus!

DAG 5 VAN 5

Spreuke 1:5

Julle, liewe kinders, sal hieruit leer om na raad te luister.

In ons lewe is daar grootmense wat na ons kyk en vir ons lief is. Soms wil ons nie na hulle raad luister nie, maar Jesus wil hê ons moet na hulle luister, want hulle weet beter as ons.

Gebed:

Jesus, ek is jammer as ek soms nie wil luister wanneer ’n grootmens met my praat nie.

Hierdie leesplan is saamgestel uit Hallo, Jesus! 366 Dagstukkies vir Kinders. As jou kind die leesplan geniet het, kan julle die reis voortsit met nog baie dagstukkies wat kinders help om Jesus beter te leer ken en in geloof te groei.

Lees meer oor die boek hier:
Hallo, Jesus! 366 Dagstukkies vir Kinders

Aangaande hierdie leesplan

Hallo, Jesus!

Hierdie 5-dag-leesplan vir kinders tussen 5 en 7 jaar help jong hartjies om Jesus beter te leer ken deur eenvoudige, praktiese en Bybelse waarhede. Met ouderdomsgepaste dagstukkies word kinders aangemoedig om in God se liefde te groei, op Hom te vertrou en geloof in die alledaagse lewe uit te leef. Die plan ondersteun geestelike groei en skep geleenthede vir betekenisvolle gesprekke tussen kinders en die grootmense wat saam met hulle op die geloofsreis stap.

More

Ons wil graag Lux Verbi bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.nb.co.za/en/view-book/?id=9780796323842

Verwante Leesplanne