Hallo, Jesus!Voorbeeld

Spreuke 30:24
Daar is ’n paar klein diertjies wat tog wonderlike dinge regkry. Dink maar aan die mier.
God het die kleinste miertjie, voëltjie en sandkorreltjie gemaak. Ons sien altyd die groot dinge wat Hy gemaak het, maar vergeet soms die klein goedjies.
Gebed:
Jesus, ek wil vandag dankie sê vir al die klein goedjies wat U ook gemaak het.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie 5-dag-leesplan vir kinders tussen 5 en 7 jaar help jong hartjies om Jesus beter te leer ken deur eenvoudige, praktiese en Bybelse waarhede. Met ouderdomsgepaste dagstukkies word kinders aangemoedig om in God se liefde te groei, op Hom te vertrou en geloof in die alledaagse lewe uit te leef. Die plan ondersteun geestelike groei en skep geleenthede vir betekenisvolle gesprekke tussen kinders en die grootmense wat saam met hulle op die geloofsreis stap.
More
Ons wil graag Lux Verbi bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.nb.co.za/en/view-book/?id=9780796323842