Hallo, Jesus!Voorbeeld

Kolossense 1:16
God het alles in die hemel en op aarde gemaak.
Soms wonder ons waar God is, want ons kan Hom nie sien nie. Het jy al die wind deur jou hare gevoel? Wel, jy weet dit is die wind al kan jy dit nie sien nie. Net so weet ons God is daar, al kan ons Hom nie sien nie.
Gebed:
Dankie, God, vir die mooi sterre en dankie dat ons weet U is altyd daar vir ons.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie 5-dag-leesplan vir kinders tussen 5 en 7 jaar help jong hartjies om Jesus beter te leer ken deur eenvoudige, praktiese en Bybelse waarhede. Met ouderdomsgepaste dagstukkies word kinders aangemoedig om in God se liefde te groei, op Hom te vertrou en geloof in die alledaagse lewe uit te leef. Die plan ondersteun geestelike groei en skep geleenthede vir betekenisvolle gesprekke tussen kinders en die grootmense wat saam met hulle op die geloofsreis stap.
More
Ons wil graag Lux Verbi bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.nb.co.za/en/view-book/?id=9780796323842