1
JESAJA 41:10
Nuwe Lewende Vertaling
Moenie bang wees nie, want Ek is by jou. Moenie ontsteld word nie, want Ek is jou God. Ek maak jou sterk en wil jou help. Ek laat jou oorwin met my regterhand wat mense red.
Vergelyk
Verken JESAJA 41:10
2
JESAJA 41:13
Ek gryp jou regterhand vas. Ek is die HERE jou God. En Ek sê vir jou: ‘Moenie bang wees nie. Ek is daar om jou te help!’
Verken JESAJA 41:13
3
JESAJA 41:11
“Almal wat vir jou kwaad is, sal in die skande kom en verleë wees. Almal wat jou weerstaan, sal vergaan.
Verken JESAJA 41:11
4
JESAJA 41:9
Jou het Ek teruggeroep vanaf die uithoeke van die aarde. Ek het gesê: ‘Jy is my dienaar,’ want Ek het jou gekies. Ek het jou nooit verwerp nie!
Verken JESAJA 41:9
5
JESAJA 41:12
Jy sal jou vyande soek, maar hulle nêrens kry nie. Almal wat teen jou oorlog maak, sal soos niks wees!
Verken JESAJA 41:12
6
JESAJA 41:14
Moenie bang wees nie, nietige wurmpie, Jakob! Al is jy min, Israel, sal Ek jou help, sê die HERE. Ek is die Een wat jou red, die Heilige van Israel.
Verken JESAJA 41:14
7
JESAJA 41:8
“Maar jy, Israel, my dienaar, jy is Jakob, wat Ek gekies het, afstammeling van Abraham, my vriend.
Verken JESAJA 41:8
8
JESAJA 41:18
Ek sal riviere laat ontspring op die hoë bergpieke. Ek sal vir hulle fonteine gee in die valleie. Ek sal die woestyn in ’n poel water verander. Ek verander die droë, gebarste grond in fonteine.
Verken JESAJA 41:18
9
JESAJA 41:17
“Die armes en behoeftiges soek na water, maar kry niks. Hulle tonge bars van dors. Dan sal Ek, die HERE, hulle verhoor. Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie.
Verken JESAJA 41:17
10
JESAJA 41:4
Wie het sulke magtige dinge gedoen en die verloop van dinge van die begin af bepaal? Dit is Ek, die HERE, die Eerste. Wanneer die laaste dinge gebeur, sal Ek, die HERE, nog daar wees.”
Verken JESAJA 41:4
11
JESAJA 41:19-20
Ek sal bome plant in die woestyn – seders, doringbome, mirte en olyfbome. Ek laat in die droë wêreld sipresse groei, ook platane en denne. Almal sal hierdie wonderwerk sien gebeur. Hulle sal dan verstaan dat die HERE dit gedoen het. Die Heilige van Israel het dit geskep.
Verken JESAJA 41:19-20
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's