1
JESAJA 40:29
Nuwe Lewende Vertaling
Hy gee krag aan dié wat moeg is. Hy maak die kragteloses sterk.
Vergelyk
Verken JESAJA 40:29
2
JESAJA 40:30-31
Selfs jongmense raak uitgeput en afgemat. Baie jongmense struikel en val. Maar dié wat hulle hoop op die HERE stel, sal nuwe krag kry. Hulle vlieg hoog, soos arende. Hulle sal hardloop en nie moeg word nie. Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie.
Verken JESAJA 40:30-31
3
JESAJA 40:28
Het jy nog nooit gehoor of verstaan nie? Weet jy nie dat die HERE van altyd af God is nie? Hy is die Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg of gedaan nie en niemand kan die dieptes van sy insig meet nie.
Verken JESAJA 40:28
4
JESAJA 40:3
Luister! Ek hoor die stem van iemand wat roep: “Bou ’n grootpad vir die HERE deur die woestyn. Maak ’n reguit pad vir ons God deur die wildernis.
Verken JESAJA 40:3
5
JESAJA 40:8
Gras verdor, blomme verwelk, maar die woord van God bly vir altyd.”
Verken JESAJA 40:8
6
JESAJA 40:5
Dan sal die heerlikheid van die HERE bekend word en alle mense sal dit sien. Die HERE self het so gesê.”
Verken JESAJA 40:5
7
JESAJA 40:4
Vul die valleie op! Maak elke berg en heuwel gelyk, elke ruwe plek ’n gelykte, elke koppie ’n vlakte.
Verken JESAJA 40:4
8
JESAJA 40:11
Hy versorg sy kudde soos ’n herder. Die lammers maak Hy bymekaar in sy arms, en dra hulle naby sy hart. Skaapooie met lammers versorg Hy.
Verken JESAJA 40:11
9
JESAJA 40:26
Kyk op na die hemel. Wie het die sterre gemaak? Hy laat hulle soos ’n leërmag uitmarsjeer, die een ster na die ander, en roep elkeen by sy naam. Met sy groot krag en mag sorg Hy dat nie een wegraak of verdwaal nie.
Verken JESAJA 40:26
10
JESAJA 40:22
God sit op sy troon bokant die hemelkoepel. Die mense op aarde lyk vir Hom soos sprinkane. Hy sprei die hemel uit soos ’n gordyn, Hy sprei dit oop soos ’n tent om in te woon.
Verken JESAJA 40:22
11
JESAJA 40:2
“Praat sag met Jerusalem. Sê vir hom sy hartseerdae is verby. Sy sondes is vergewe. Die HERE het hom klaar gestraf vir al sy sondes.”
Verken JESAJA 40:2
12
JESAJA 40:6-7
’n Stem sê: “Roep!” Ek het gevra: “Wat moet ek roep?” “Roep uit: Alle mense is soos gras. Hulle bekoorlikheid is soos blomme van die veld. Gras verdor en blomme verwelk as die HERE sy asem daaroor laat waai. So is dit ook met mense.
Verken JESAJA 40:6-7
13
JESAJA 40:10
Die oppermagtige HERE kom met heerlike krag en regeer met mag. Kyk, Hy bring sy beloning saam. Dit is by Hom.
Verken JESAJA 40:10
14
JESAJA 40:1
“Troos, troos my volk,” sê julle God.
Verken JESAJA 40:1
15
JESAJA 40:12-14
Wie anders het die oseane in sy hand gehou? Wie het die hemel afgemeet met die breedte van sy hand? Wie het die grond van die aarde met ’n maatemmer gemeet, of het die berge en die heuwels met ’n skaal geweeg? Wie kan die Gees van die HERE advies gee? Wie weet genoeg om Hom raad te gee of Hom te leer? Het die HERE al ooit raad van ander nodig gehad? Het Hy nodig dat iemand Hom vertel wat die goeie is of wat die beste is?
Verken JESAJA 40:12-14
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's