1
JESAJA 6:8
Nuwe Lewende Vertaling
Toe het ek die Here hoor vra: “Wie kan Ek met ’n boodskap na my volk toe stuur? Wie sal vir Ons gaan?” Ek het geantwoord: “HERE, ek sal gaan! Stuur my!”
Vergelyk
Verken JESAJA 6:8
2
JESAJA 6:3
Hulle het mekaar toegeroep: “Heilig, heilig, heilig is die HERE, die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy heerlikheid!”
Verken JESAJA 6:3
3
JESAJA 6:5
Ek het hard geroep: “Ellende het my getref! Want ek is ’n sondige mens, tussen ander sondige mense. En tog het ek die Koning, die HERE, die Almagtige, gesien!”
Verken JESAJA 6:5
4
JESAJA 6:1
In die jaar wat koning Ussia dood is, het ek die Here gesien. Sy troon was hoog en verhewe, en die soom van sy kleed het die tempel gevul.
Verken JESAJA 6:1
5
JESAJA 6:7
Hy het my lippe daarmee aangeraak en gesê: “Kyk, hierdie kool het jou lippe aangeraak. Nou is jou skuld weg en jou sondes vergewe.”
Verken JESAJA 6:7
6
JESAJA 6:2
Rondom Hom was serafs, elkeen met ses vlerke. Met twee het hulle hulle gesig toegemaak, met twee hulle voete bedek en met twee het hulle gevlieg.
Verken JESAJA 6:2
7
JESAJA 6:6
Toe het een van die serafs na die altaar toe gevlieg en ’n gloeiende kool met ’n tang opgetel.
Verken JESAJA 6:6
8
JESAJA 6:9
Hy het gesê: “Ja, gaan. Sê vir hierdie mense só: “‘Julle sal my woorde hoor, maar dit nie verstaan nie. Julle sal sien wat Ek doen, maar nie die betekenis daarvan snap nie.’
Verken JESAJA 6:9
9
JESAJA 6:10
Verhard hierdie volk se harte. Maak hulle ore toe en hulle oë blind. Andersins sien hulle dalk en hoor hulle, en verstaan hulle, en draai dan na My toe en word hulle gesond gemaak.”
Verken JESAJA 6:10
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's