1
Matteus 27:46
Bybel vir almal
Omtrent drie-uur het Jesus baie hard geroep: “Eli, Eli, lema sabagtani?” Dit beteken “ My God, my God, hoekom het U My gelos?”
Vergelyk
Verken Matteus 27:46
2
Matteus 27:51-52
Die gordyn in die tempel het van bo tot onder geskeur. Dit was toe twee stukke. God het die aarde laat bewe en Hy het die rotse laat oopskeur. God het ook die grafte laat oopgaan en Hy het baie gelowiges wat gesterf het, weer laat lewe
Verken Matteus 27:51-52
3
Matteus 27:50
Jesus het weer hard geskree en Hy het gesterf.
Verken Matteus 27:50
4
Matteus 27:54
Die offisier en die soldate wat saam met hom vir Jesus opgepas het, het die aardbewing gesien en alles wat gebeur het. Hulle was toe baie bang en hulle het gesê: “Hierdie man was regtig die Seun van God!”
Verken Matteus 27:54
5
Matteus 27:45
Omtrent twaalfuur die middag het dit donker geword in die hele land en dit was donker tot drie-uur.
Verken Matteus 27:45
6
Matteus 27:22-23
Toe vra Pilatus weer vir hulle: “Wat wil julle hê moet ek doen met Jesus vir wie julle Christus noem?” Die mense het almal gesê: “ Kruisig hom!” Pilatus het gevra: “Wat het hy verkeerd gedoen?” Maar die mense het aangehou om baie hard te skree: “Kruisig hom!”
Verken Matteus 27:22-23
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's