1
Spreuke 22:6
Bybel vir almal
Wanneer jy vir 'n jongmens leer hoe hy moet lewe, dan hou hy aan om so te lewe, ook wanneer hy oud geword het.
Vergelyk
Verken Spreuke 22:6
2
Spreuke 22:4
Wanneer iemand nederig is en hy respekteer en dien die Here, dan word hy ryk, en mense respekteer hóm, en hy lewe lank.
Verken Spreuke 22:4
3
Spreuke 22:1
Dit is beter om te weet dat mense jou sal onthou, beter as om ryk te wees. Dit is beter om vriendelik te wees as om silwer en goud te hê.
Verken Spreuke 22:1
4
Spreuke 22:24
Jy moenie vriende wees met iemand wat gou kwaad word nie, jy moenie saamgaan met so 'n mens nie
Verken Spreuke 22:24
5
Spreuke 22:9
Die Here sal die persoon seën wat goed is vir ander mense en wat vir arm mense van sy kos gee.
Verken Spreuke 22:9
6
Spreuke 22:3
'n Verstandige mens sien wanneer daar probleme kom, en hy vlug. Mense wat baie min weet, vlug nie, en hulle kry swaar.
Verken Spreuke 22:3
7
Spreuke 22:7
Ryk mense regeer oor arm mense, en iemand wat geld geleen het, word die slaaf van die persoon by wie hy die geld geleen het.
Verken Spreuke 22:7
8
Spreuke 22:2
Ryk en arm mense is vir die Here dieselfde, Hy het hulle almal gemaak.
Verken Spreuke 22:2
9
Spreuke 22:22-23
Jy moenie 'n arm mens se goed vat omdat hy arm is nie, jy moenie iemand wat homself nie kan beskerm nie, verkeerd oordeel nie, want die Here sal self die Regter wees vir hulle, en Hy sal die persoon laat sterf wat vir húlle wil laat sterf.
Verken Spreuke 22:22-23
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's