1
Genesis 22:14
Die Bybel 2020-vertaling
Abraham het daardie plek genoem, Die HERE voorsien, sodat vandag nog gesê word: “Op die berg van die HERE sal voorsien word. ”
Vergelyk
Verken Genesis 22:14
2
Genesis 22:2
Toe sê God: “Neem jou seun Isak, jou enigste, wat jy liefhet; gaan dan na die gebied van Moria, en offer hom daar as •brandoffer op een van die berge wat Ek vir jou sal wys.”
Verken Genesis 22:2
3
Genesis 22:12
“Moenie jou hand na die seun uitsteek nie,” het Hy gesê, “en moenie enigiets aan hom doen nie! Want nou weet Ek dat jy vir God ontsag het. Jy het nie jou seun, jou enigste, van My teruggehou nie.”
Verken Genesis 22:12
4
Genesis 22:8
Abraham het geantwoord: “God sal vir Homself die lam vir 'n brandoffer voorsien, my seun.” So het hulle twee saam geloop.
Verken Genesis 22:8
5
Genesis 22:17-18
sal Ek jou ryklik seën, en jou nageslag so geweldig vermeerder soos die sterre aan die hemelruim en soos die sand wat langs die seestrand is. Jou nageslag sal die stadspoorte van hulle vyande in besit neem. Al die nasies van die aarde sal wens om so geseënd te wees soos jou nageslag, omdat jy na my stem geluister het.”
Verken Genesis 22:17-18
6
Genesis 22:1
Ná verloop van tyd het God Abraham op die proef gestel. “Abraham!” het Hy vir hom gesê; en hy het geantwoord: “Hier is ek.”
Verken Genesis 22:1
7
Genesis 22:11
Maar die •Engel van die HERE het na hom uit die hemel geroep en gesê: “Abraham, Abraham!” Hy het geantwoord: “Hier is ek!”
Verken Genesis 22:11
8
Genesis 22:15-16
Die Engel van die HERE het daarna 'n tweede keer uit die hemel na Abraham geroep en gesê: “By Myself sweer Ek,” is die uitspraak van die HERE, “omdat jy dit gedoen het en nie jou seun, jou enigste, van My teruggehou het nie
Verken Genesis 22:15-16
9
Genesis 22:9
Toe hulle aankom by die plek wat God vir hom gewys het, het Abraham daar 'n altaar gebou en die hout reggepak. Hy het sy seun, Isak, vasgebind en hom op die altaar neergelê, bo-op die hout.
Verken Genesis 22:9
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's