1
Matteus 7:7
Die Bybel 2020-vertaling
“Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.
Vergelyk
Verken Matteus 7:7
2
Matteus 7:8
Want elkeen wat vra, ontvang; en wie soek, vind; en vir wie klop, sal oopgemaak word.
Verken Matteus 7:8
3
Matteus 7:24
“Daarom sal elkeen wat na my woorde luister en daarvolgens handel, soos 'n verstandige man wees wat sy huis op rots gebou het.
Verken Matteus 7:24
4
Matteus 7:12
“Alles wat julle dan wil hê die mense aan julle moet doen, doen ook julle net so aan hulle; want dit is die kern van die Wet en die Profete.”
Verken Matteus 7:12
5
Matteus 7:14
Maar hoe nou is die poort en hoe smal die pad wat na die lewe lei! En daar is min wat dit vind.
Verken Matteus 7:14
6
Matteus 7:13
“Gaan deur die nou poort in. Want breed is die pad en wyd die poort wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur binnegaan.
Verken Matteus 7:13
7
Matteus 7:11
As julle wat sleg is, dan weet om goeie geskenke aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader in die •hemele goeie dinge gee vir hulle wat Hom vra!
Verken Matteus 7:11
8
Matteus 7:1-2
“Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie. Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word, en met die maat waarmee julle meet, sal vir julle afgemeet word.
Verken Matteus 7:1-2
9
Matteus 7:26
Maar elkeen wat hierdie woorde van My hoor en dit nie uitvoer nie, sal soos 'n onverstandige man wees wat sy huis op sand gebou het.
Verken Matteus 7:26
10
Matteus 7:3-4
“Waarom sien jy die splinter in jou •broer se oog raak, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? Of hoe kan jy vir jou broer sê, ‘Laat my toe om die splinter uit jou oog te haal,’ maar wat van die balk in jou eie oog?
Verken Matteus 7:3-4
11
Matteus 7:15-16
“Wees op julle hoede vir die vals profete wat in skaapsklere na julle kom, maar in hulle binneste wolwe is wat verskeur. Aan hulle vrugte sal julle hulle uitken. Pluk 'n mens miskien druiwe van doringstruike of vye van dissels?
Verken Matteus 7:15-16
12
Matteus 7:17
Net so dra elke goeie boom goeie vrugte, maar 'n slegte boom dra slegte vrugte.
Verken Matteus 7:17
13
Matteus 7:18
'n Goeie boom kan nie slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom kan nie goeie vrugte dra nie.
Verken Matteus 7:18
14
Matteus 7:19
Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
Verken Matteus 7:19
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's