1
Spreuke 13:20
Die Bybel 2020-vertaling
Wie met wyses saamgaan, sal wys word, maar wie met dwase meng, word benadeel.
Vergelyk
Verken Spreuke 13:20
2
Spreuke 13:3
Wie sy mond bewaak, beskerm sy lewe; wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom wag daar ondergang.
Verken Spreuke 13:3
3
Spreuke 13:24
Wie sy lat terughou, haat sy seun, maar wie hom liefhet, hou hom in die oog vir straf.
Verken Spreuke 13:24
4
Spreuke 13:12
Onvervulde hoop maak die hart siek, maar 'n vervulde wens is 'n boom van lewe.
Verken Spreuke 13:12
5
Spreuke 13:6
Geregtigheid bewaak 'n onberispelike leefwyse, maar goddeloosheid werp 'n sondaar omver.
Verken Spreuke 13:6
6
Spreuke 13:11
Besittings wat moeiteloos verkry word, sal verminder, maar wie met die hand bymekaarmaak, vermeerder dit.
Verken Spreuke 13:11
7
Spreuke 13:10
Verwaandheid gee net rusie af, maar by hulle wat raad aanvaar, is daar wysheid.
Verken Spreuke 13:10
8
Spreuke 13:22
'n Goeie mens laat sy kleinkinders erf, maar 'n sondaar se eiendom word vir 'n regverdige weggebêre.
Verken Spreuke 13:22
9
Spreuke 13:1
'n Wyse seun aanvaar die vermaning van 'n vader, maar 'n spotter gee nie gehoor aan 'n dreigement nie.
Verken Spreuke 13:1
10
Spreuke 13:18
Armoede en skande lê voor vir wie vermaning in die wind slaan, maar wie op teregwysing ag slaan, word geëer.
Verken Spreuke 13:18
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's