1
Psalms 37:4
Die Bybel 2020-vertaling
Vind jou vreugde in die HERE, dan sal Hy jou gee wat jou hart begeer.
Vergelyk
Verken Psalms 37:4
2
Psalms 37:5
Vertrou jou lewenspad aan die HERE toe, vertrou op Hom, en Hy sal optree.
Verken Psalms 37:5
3
Psalms 37:7
Wees stil voor die HERE, en krimp ineen van vrees voor Hom. Moet jou nie ontstel oor iemand wat sukses behaal op sy lewenspad nie, oor 'n mens wat komplotte smee nie.
Verken Psalms 37:7
4
Psalms 37:3
Vertrou op die HERE en doen die goeie, bewoon die land en waak oor betroubaarheid.
Verken Psalms 37:3
5
Psalms 37:23-24
Danksy die HERE stap 'n jong man met ferm treë; en die HERE is tevrede met sy lewenspad. As hy val, sal hy nie neerslaan nie want die HERE hou hom aan sy hand.
Verken Psalms 37:23-24
6
Psalms 37:6
Hy sal jou •geregtigheid soos die oggendlig laat verskyn en jou reg soos die middagson.
Verken Psalms 37:6
7
Psalms 37:8
Moenie kwaad word nie en laat vaar die woede; moet jou nie ontstel nie, dit bring net kwaad.
Verken Psalms 37:8
8
Psalms 37:25
Toe ek jonk was en selfs noudat ek oud geword het, het ek nie gesien dat 'n regverdige versaak word, of dat sy nageslag kos soek nie.
Verken Psalms 37:25
9
Psalms 37:1
Van Dawid. Moet jou nie ontstel oor die kwaaddoeners nie; moenie afgunstig wees op hulle wat kwaadwillig optree nie
Verken Psalms 37:1
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's