1
Psalms 91:2
Die Bybel 2020-vertaling
Ek sê vir die HERE: “My skuilplek, my bergskuiling, my God op wie ek vertrou!”
Vergelyk
Verken Psalms 91:2
2
Psalms 91:1
Hy wat in die beskutting van die Allerhoogste woon, sal oornag in die skaduwee van die Almagtige.
Verken Psalms 91:1
3
Psalms 91:15
Hy sal My aanroep, en Ek sal hom antwoord. Ek sal by hom wees in nood; Ek sal hom red en aan hom eer gee.
Verken Psalms 91:15
4
Psalms 91:11
want Hy sal sy engele oor jou opdrag gee om jou te beskerm op al jou paaie.
Verken Psalms 91:11
5
Psalms 91:4
Met sy vlerke sal Hy jou bedek, onder sy vleuels sal jy skuiling vind. 'n Skild en 'n skans is sy trou.
Verken Psalms 91:4
6
Psalms 91:9-10
Ja, U, HERE, is my skuilplek. Die Allerhoogste het jy jou woning gemaak: Onheil sal jou nie oorval nie en 'n plaag sal nie naby jou tent kom nie
Verken Psalms 91:9-10
7
Psalms 91:3
Ja, Hy is die Een wat jou red uit die net van die voëlvanger, van die dodelike pessiekte.
Verken Psalms 91:3
8
Psalms 91:7
Daar kan duisend langs jou val, en tienduisend aan jou regterkant, naby jou sal dit nie kom nie.
Verken Psalms 91:7
9
Psalms 91:5-6
Jy sal nie bang wees vir die verskrikking van die nag, vir 'n pyl wat oordag vlieg nie, vir 'n pessiekte wat in die donker rondloop, vir die epidemie wat helder oordag verwoes nie.
Verken Psalms 91:5-6
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's