1
I KONINGS 18:37
Afrikaans 1933/1953
Antwoord my, HERE, antwoord my, sodat hierdie volk kan erken dat U, HERE, God is, en dat Ú hulle hart tot U laat terugkeer.
Vergelyk
Verken I KONINGS 18:37
2
I KONINGS 18:36
En op die tyd dat hulle die spysoffer bring, het die profeet Elía nader gekom en gesê: HERE, God van Abraham, Isak en Israel, laat dit vandag bekend word dat U God in Israel is, en ek u kneg, en dat ek al hierdie dinge op u woord gedoen het.
Verken I KONINGS 18:36
3
I KONINGS 18:21
En Elía het nader gekom na die hele volk en gesê: Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die HERE God is, volg Hom na; en as Baäl dit is, volg hom na! Maar die volk het hom niks geantwoord nie.
Verken I KONINGS 18:21
4
I KONINGS 18:38
Daarop het die vuur van die HERE neergeval en die brandoffer en die hout en die klippe en die stof verteer, ja, die water wat in die sloot was, opgelek.
Verken I KONINGS 18:38
5
I KONINGS 18:39
En toe die hele volk dit sien, het hulle op hul aangesig geval en gesê: Die HERE, Hy is God, die HERE, Hy is God!
Verken I KONINGS 18:39
6
I KONINGS 18:44
En die sewende maal roep hy: Daar gaan 'n wolkie soos 'n man se hand op uit die see. Toe sê hy: Gaan op, sê vir Agab: Span in en trek af, dat die reën jou nie terughou nie.
Verken I KONINGS 18:44
7
I KONINGS 18:46
maar die hand van die HERE was oor Elía, sodat hy sy heupe omgord en voor Agab uit geloop het in die rigting na Jísreël.
Verken I KONINGS 18:46
8
I KONINGS 18:41
Toe sê Elía vir Agab: Trek op, eet en drink, want hoor, die gedruis van die reën!
Verken I KONINGS 18:41
9
I KONINGS 18:43
Daarop sê hy vir sy dienaar: Klim tog op, kyk uit na die see. En hy het opgeklim en uitgekyk en geroep: Daar is niks nie. Toe sê hy: Gaan weer — sewe maal.
Verken I KONINGS 18:43
10
I KONINGS 18:30
Toe sê Elía vir die hele volk: Kom nader na my. En die hele volk het nader gekom na hom; en hy het die altaar van die HERE herstel wat afgebreek was.
Verken I KONINGS 18:30
11
I KONINGS 18:24
Roep julle dan die naam van julle god aan, en ék sal die Naam van die HERE aanroep; en die God wat met vuur antwoord, Hy sal God wees. En die hele volk het geantwoord en gesê: Die woord is goed.
Verken I KONINGS 18:24
12
I KONINGS 18:31
Daarop neem Elía twaalf klippe volgens die getal van die stamme van Jakob se kinders — tot wie die woord van die HERE gekom het om te sê: Israel sal jou naam wees
Verken I KONINGS 18:31
13
I KONINGS 18:27
En toe dit middag was, het Elía met hulle gespot en gesê: Roep hard; hy is mos 'n god! Hy is seker in gepeins, of hy het hom seker afgesonder, of hy is seker op reis; miskien slaap hy en moet wakker word.
Verken I KONINGS 18:27
14
I KONINGS 18:32
en hy bou met die klippe 'n altaar in die Naam van die HERE. Daarna het hy 'n sloot gemaak rondom die altaar, 'n ruimte vir omtrent twee mate saad
Verken I KONINGS 18:32
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's