1
SPREUKE 14:12
Afrikaans 1933/1953
Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.
Vergelyk
Verken SPREUKE 14:12
2
SPREUKE 14:30
'n Rustige hart is die lewe vir die vlees, maar hartstog 'n verrotting vir die gebeente.
Verken SPREUKE 14:30
3
SPREUKE 14:29
Die lankmoedige is groot van verstand, maar die kortgebondene behaal sotheid.
Verken SPREUKE 14:29
4
SPREUKE 14:1
DIE wysheid van die vroue bou die huis, maar die sotheid breek dit met eie hande af.
Verken SPREUKE 14:1
5
SPREUKE 14:26
In die vrees van die HERE lê 'n sterk sekerheid, ook vir die kinders van 'n sodanige sal daar 'n toevlug wees.
Verken SPREUKE 14:26
6
SPREUKE 14:27
Die vrees van die HERE is 'n fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk.
Verken SPREUKE 14:27
7
SPREUKE 14:16
Die wyse vrees en wyk af van die kwaad, maar die dwaas bruis op en is vol selfvertroue.
Verken SPREUKE 14:16
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's