1
Genesis 17:1
Die Boodskap
Toe Abram amper 99 jaar oud was, het die Here weer na hom toe gekom. “Abram,” het Hy gesê, “Ek is El Shaddai, die God wat almagtig en sterk is. Jy moet altyd naby aan My leef en net die regte dinge doen.
Vergelyk
Verken Genesis 17:1
2
Genesis 17:5
“Ek gaan jou naam nou dadelik verander. Hulle sal jou nie meer Abram noem nie, maar Abraham, want Ek maak jou die pa van baie nasies.’
Verken Genesis 17:5
3
Genesis 17:7
“Ek sal my ooreenkoms met jou nakom, en met jou kinders. Wat Ek beloof het, geld vir altyd. Ek sal ook hulle God wees soos Ek joune is.
Verken Genesis 17:7
4
Genesis 17:4
God het toe gesê: “Abram, dit is my deel van my ooreenkoms met jou: jy sal nog die pa van baie nasies en van ’n massa mense word. Ek dink baie aan hierdie belofte van My.
Verken Genesis 17:4
5
Genesis 17:19
God het egter geantwoord: “Nee, jou vrou Sara sal vir jou ’n kind in die lewe bring. En jy moet hom Isak noem (wat beteken: ‘God was goed en het geglimlag’). Ek sal my ooreenkoms met hom ook nakom. Ek verbind My vir altyd aan hom en sy kinders. Ek sal sy God en sy kinders se God wees.
Verken Genesis 17:19
6
Genesis 17:8
Vir jou en jou kinders gee Ek hierdie land. Vandag is dit nog nie joune nie, maar eendag sal dit joune word en ook jou kinders s’n. Hierdie hele land Kanaän sal vir altyd hulle s’n word. Ek sal ook hulle God wees.”
Verken Genesis 17:8
7
Genesis 17:17
Vir Abraham was dit net een te veel. Hy het vooroor geval en saggies begin lag. Hy sê toe vir homself: “Kan ’n ou man van 100 nog ’n kind maak? En kan Sara nog ’n kind in die lewe bring? Sy is al ’n ou vrou van 90. Dit kan tog nie gebeur nie.”
Verken Genesis 17:17
8
Genesis 17:15
God het ook verder met Abraham gepraat: “Jou vrou Sarai moet jy nie meer so noem nie. Noem haar eerder Sara.
Verken Genesis 17:15
9
Genesis 17:11
Elkeen se voorhuid moet met ’n mes besny word. Dit sal die bewys wees dat julle Myne is en dat Ek julle God is.
Verken Genesis 17:11
10
Genesis 17:21
Maar My hart is veral by Isak, by die kind wat Sara vir jou oor ’n jaar in die wêreld sal bring.”
Verken Genesis 17:21
11
Genesis 17:12-13
Elke seuntjie moet agt dae na sy geboorte besny word. Julle moet dit vir altyd doen. Selfs die kinders van jou werkers moet besny word. En die kinders van daardie werkers wat jy van vreemdelinge gekoop het, moet ook besny word. Kortom: al jou werkers se kinders asook daardie werkers wat jy gekoop het, se kinders moet besny word. Aan julle liggaam sal mense dan kan sien dat julle aan My behoort en dat Ek julle God is. En dit sal vir altyd so wees.
Verken Genesis 17:12-13
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's