1
Numeri 13:30
Die Boodskap
Kaleb het toe die mense wat hieroor begin kla het, stilgemaak en hulle probeer motiveer en gesê: “Kom ons val hulle dadelik aan, want ons kan hulle beslis oorrompel.”
Vergelyk
Verken Numeri 13:30
2
Numeri 13:33
Om die waarheid te sê, ons het ’n paar reuse daar gesien, almal afstammelinge van Enak. Ons het so klein soos sprinkane teen hulle gevoel en ons dink hulle het ons seker vir sprinkane aangesien.”
Verken Numeri 13:33
3
Numeri 13:31
Maar die ander leiers wat saam met hom gegaan het, het gesê: “Ons kan nie teen hulle gaan oorlog maak nie, hulle is baie sterker as ons!”
Verken Numeri 13:31
4
Numeri 13:32
Hulle het ook allerhande bangmaakstories oor die land en sy mense onder die volk begin versprei. “Die land wat ons verken het, sluk sy inwoners in,” het hulle gesê, “om nie eers te praat van die mense wat daarin bly nie: hulle is almal reusagtig groot.
Verken Numeri 13:32
5
Numeri 13:27
Hulle het vir Moses gesê: “Ons het die land gaan deurkyk soos u beveel het. Dit is beslis ’n wonderlike land met baie potensiaal. Om ’n beeld te gebruik: daar is so baie melk en heuning, dit lyk of dit sommer in strome deur die land vloei. Hier is van die vrugte wat ons teruggebring het om te wys wat ons bedoel.
Verken Numeri 13:27
6
Numeri 13:28
Die enigste probleem is dat die mense wat daar bly, ongelooflik sterk is. Hulle stede is baie groot en is versterk met dik mure om hulle. Ons het ook die Enakiete, die reuse, daar raakgeloop.
Verken Numeri 13:28
7
Numeri 13:29
Aan die suidekant, in die Negev, bly die Amalekiete, in die middel in die bergagtige gebiede bly die Hetiete, Jebusiete en Amoriete, terwyl die Kanaäniete aan die westekant teen die Middellandse See en aan die oostekant teen die Jordaanrivier bly.”
Verken Numeri 13:29
8
Numeri 13:26
Toe hulle in die kamp by Kades in die Paranwoestyn aankom, het hulle aan Moses en Aäron en die hele volk verslag gedoen. Hulle het ook vir almal die vrugte gewys wat hulle saamgebring het.
Verken Numeri 13:26
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's