Geestelike Dissiplines en Evangelisasie Voorbeeld

Spiritual Disciplines & Evangelism

DAG 1 VAN 9

'n Inleiding

Die geestelike dissiplines speel 'n baie spesifieke rol in die Christen-ervaring — hulle lei gelowiges om meer soos Jesus in ons gedagtes, woorde, en dade te word. Vir eeue het Christene regoor die wêreld betrokke geraak in die beoefening van geestelike dissiplines.

Wanneer baie mense die frase "geestelike dissiplines" hoor, draai hulle gedagtes dadelik na die monnik gemeenskappe wat aan 'n kluisenaar bestaan toegewy is. Ons besige, Westerse denke neig daarna om aan die beoefening van geestelike dissiplines te dink as 'n eindelose en futiele taak, gereserveer vir diegene wat oneindig baie tyd tot hul beskikking het. Die werklikheid is dat enigeen by geestelike dissiplines betrokke kan raak, ongeag hoeveel tyd ons ook al het en so ontdek hoe God ons harte in betekenisvolle maniere beweeg! 

Ja, die geestelike dissiplines is vir ons eie persoonlike dissipelskap. Tog, is hulle op soveel meer gerig. 

Vir baie is geestelike dissiplines en evangelisasie totale teenoorgesteldes — een word gereserveer vir geïsoleerde beoefening en die ander vir openbare verklaring. Wat as ons egter die twee verenig om werklike trefkrag op 'n gebroke wêreld te hê? Hoe kan dinge soos Bybellees, aanbidding, gebed, belydenis en onderdanigheid die manier vorm waarop ons evangelisasie beoefen? 

Ons het agt van die geestelike dissiplines ingesluit: 

∙ Bybellees

∙ Aanbidding

∙ Gebed

∙ Afsondering en Stilte

∙ Belydenis

∙ Opoffering

∙ Onderdanigheid

∙ Gemeenskap

Ons besef daar is nog baie meer. In elke afdeling het ons verskeie gedeeltes vir jou ingesluit om te oordink, asook 'n gids wat jy kan volg soos jy betrokke raak in elke dissipline, vir die bevordering van jou eie dissipelskap, asook die bevordering van die evangelie. Laastens, het ons ook vrae vir oordenking ingesluit.

Geestelike dissiplines is harde werk. Tog sal daardie harde werk gelowiges hulleself laat inspan op maniere wat hulle na dieper ondervindings met ons Verlosser lei. Ons hoop hierdie kort, begeleidende aanslag tot hierdie dissiplines, deur die lens van evangelisasie, verander nie net jou lewe nie, maar ook die lewens van ander om jou.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Spiritual Disciplines & Evangelism

Die geestelike dissiplines speel 'n spesifieke rol in die Christelike ervaring — dit lei gelowiges om meer soos Jesus te word in hul gedagtes, woorde en dade. Hoe maak dit deel uit van ons roeping om die liefde van Jesus aan ander te toon en te bewys? Hierdie leesplan sluit agt van die geestelike dissiplines in om jou te help groei in geloof, sodat dit na ander toe sal oorloop!

More

Baie dankie aan The Billy Graham Center by Wheaton College wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.billygrahamcenter.org