Geestelike Dissiplines en Evangelisasie Voorbeeld

Spiritual Disciplines & Evangelism

DAG 2 VAN 9

  

DAG 2: BYBELLEES

Dit is nie toeval dat die langste hoofstuk in die Bybel oor God se woord handel nie (Psalm 119). Elkeen van die 176 verse verwys na God se opdragte en wette. Dit is 'n bepeinsing wat tot in sy kern die diepe geloof het dat, sonder God se woord en leiding, ons doelloos is. Volgens die Wycliffe Bybel Vertalers, is daar 'n geraamde 160 miljoen mense sonder toegang tot enige Skrifgedeelte in hulle hartstaal en ten minste 1.5 miljard mense het nie die volle Bybel in hul eerste taal nie. Selfs vir die wat Skrifgedeeltes in hulle hartstaal het, is daar baie plekke in die wêreld soos verskeie Islam-gedomineerde gebiede, waar dit feitlik onmoontlik is om toegang tot die Bybel te verkry. 

Dus begin ons by hierdie baie basiese feit: om die Bybel te hê en om in staat te wees om die Bybel in ons hartstaal te lees, is 'n geweldige geskenk. 

Ons begin die dissipline met dankbaarheid vir God se Woord wat vir ons beskikbaar is. Toeganklikheid tot die Skrif. 

Volgende erken ons dat die woorde wat ons lees deur God geïnspireer is. Hebreërs 4:12 sê: "Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart." God werk deur sy woord. Hoeveel van ons het nie al gevind dat gedeeltes soms net lewendig word, terwyl ons voorheen net vlugtig daaroor gelees het nie? Dit is God se Gees wat werk. 

Ons vra God om sy hart aan ons te openbaar soos ons betrokke raak by sy woord. Wat wil Hy vir ons wêreld hê? Hoekom het Hy in die eerste plek gekom? Ons vra, Hy antwoord. Dit is 'n wedersydse kommunikasie, net soos waarvan Habakuk praat: "Ek wil op my uitkyktoring gaan staan, my plek op die vestingmuur gaan inneem, ek wil wag om te verneem wat die Here vir my sal sê en wat ek moet antwoord wanneer mense my verwyt ..." (Hab 2:1).

Soos ons dieper in die Skrif delf, neem ons aanhoudend kennis van hierdie werklikheid: Jesus het gekom om die verlorenes te soek en te red. Sy hele doel waarom Hy ons gemaak het, was om in gemeenskap met Hom te wees, maar hoe kan mense in gemeenskap met Hom wees as niemand hulle vertel hoe om dit te doen nie (sien Rom. 10:14-15)? Ons kan maar net 'n paar hoofstukke uit die Skrif lees om herhaaldelik gekonfronteer te word met die werklikheid dat ons wêreld besig is om dood te gaan en 'n Verlosser nodig het. 

Soos ons dit teëkom, hou ons uiteindelik op en vra vir God: "Wat is my rol dus om u lig te bied aan 'n wêreld wat besig is om in sonde te verdrink?" Ons begin om regtig na persoonlike verantwoordelikheid en persoonlike aanspreeklikheid te soek. Ons wy tyd aan God, wees oop vir sy woord, oor ons volgende treë. Soos Psalm 119:11 sê: "aan u beloftes hou ek vas". Ons bêre dit vir dié oomblikke wanneer God deure na evangeliegesprekke open. Soos God se woord meer en meer ruimte in ons lewens vul, begin ons gedaanteverwisseling: die DNS van ons verlossende God word na ons oorgedra; ons begeer om sy lewe te wys en te deel in meer, nuwe en opwindende maniere. 

Vrae vir Oordenking: 

Hoe beïnvloed Bybellees jou begeerte om meer tyd met God deur te bring?

Wanneer jy die Skrif benader, doen jy dit met 'n houding van verwagting in jou hart om van God te hoor?

Hoe beïnvloed Bybellees jou persoonlike evangelisasie? 

Watter Skrifgedeelte kan jy met jou saamneem wat jou sal toerus om jou geloof beter te deel?

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Spiritual Disciplines & Evangelism

Die geestelike dissiplines speel 'n spesifieke rol in die Christelike ervaring — dit lei gelowiges om meer soos Jesus te word in hul gedagtes, woorde en dade. Hoe maak dit deel uit van ons roeping om die liefde van Jesus aan ander te toon en te bewys? Hierdie leesplan sluit agt van die geestelike dissiplines in om jou te help groei in geloof, sodat dit na ander toe sal oorloop!

More

Baie dankie aan The Billy Graham Center by Wheaton College wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.billygrahamcenter.org