Geestelike Dissiplines en Evangelisasie Voorbeeld

Spiritual Disciplines & Evangelism

DAG 5 VAN 9

  

DAG 5: AFSONDERING EN STILTE

Stilte. Min mense kry genoeg hiervan en wanneer ons dit wel kry, weet ons nie wat om daarmee te doen nie. Prediker 3 vertel ons daar is 'n tyd vir alles: om te rou en om te dans, opbou en afbreek, soek en verloor. God herinner ons die totale menslike bestaan en die emosies wat soms oor ons kom, het alles 'n plek. Hoe moet ons dit egter verstaan en verwerk sonder oomblikke wat onafhanklik van die lewe se bedrywigheid is? Psalm 46:11 is geliefd vir 'n rede: "Bedaar en erken dat Ek God is." 

Die dissipline van afsondering en stilte begin met die skep van ruimte vir God om tot ons rustelose harte te spreek. Ons kom met oop hande en harte in afwagting van wat God mag sê. As ons gelukkig is, mag Jesaja 30:21 'n realiteit word: "Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou 'n stem hoor sê: 'Hier is die pad, loop hierlangs.'” 

Soos die lewe se gewoel in die agtergrond vervaag, begin ons iets hoor wat amper vreemd klink. Kan dit God se stem wees, wonder ons? In afsondering en stilte begin ons weer God se stem hoor. Die wêreld en al sy sorge skuif na die agtergrond terwyl ons, net vir 'n vlietende oomblik, herontdek wat dit beteken dat God nooit ons sy verlaat het nie.

In afsondering en stilte vind ons gelyktydig God se nabyheid en grootsheid. Wanneer alles stil is, hoor ons die kraan drup, die fluistering van 'n blaar in die wind, die reëlmatige asemhaling van 'n hond wat sy middagslapie geniet. In stilte word die wêreld lewendig en ons herontdek wat dit beteken dat God die heelal onderhou en alles in sy regterhand vashou. Ons sien die prag van 'n sonsondergang en voel die sagtheid van 'n kussing. God is oral

Selfs wanneer ons sug, onthou ons ook God is in alles. "Want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons." (Hand 17:28). En in ons het Hy ook sy grootste geskenk geplaas. Ons lees in 2 Korintiërs 1:21-22: "God self het ons saam met julle op hierdie vaste grond gevestig: op Christus. God het ons vir Hom afgesonder, ons as sy eiendom beseël en die Heilige Gees in ons harte gegee as waarborg van wat ons nog sal ontvang." Sy liefde is so omvangryk dat Hy nie anders kan as om ook in ons harte te wees nie. Hy is inderdaad in alles en oor alles. 

Laastens, stilte en afsondering lei ons na die soort aanbidding en ontsag wat daartoe lei dat sy Heilige Gees in ons 'n nuwe lewe van evangeliese getuienis skep. Terwyl ons God in die stilte vind, word ons daarvan bewus dat dit met baie ander nie die geval is nie. Ons erken dat te veel mense hulle na ander dinge keer in plaas van na God. Wat as dit waar is dat God vir almal begeer om gered te word en Hom leer ken? "Dit is waar", sê God wanneer ons stil raak. Ons stilte teenoor ander oor geloofsake word egter oorverdowend, hoe langer ons tyd aan God wy. Stilte beweeg ons uiteindelik na meer gesprekke oor Jesus, oor die lewe, oor hoop.

Vrae vir Oordenking: 


  • Vind jy dat stilte en afsondering jou ontsenu of troos? Hoekom?
  • Het jy in jou aanbidding stil tye ingesluit om net na God te luister?
  • Op watter maniere kan jy stilte en afsondering gebruik om jou eie geloofspad geestelik te verbeter, terwyl jy nader aan God se hart getrek word?
  • Hoe reageer stilte op evangelisasie?

 

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Spiritual Disciplines & Evangelism

Die geestelike dissiplines speel 'n spesifieke rol in die Christelike ervaring — dit lei gelowiges om meer soos Jesus te word in hul gedagtes, woorde en dade. Hoe maak dit deel uit van ons roeping om die liefde van Jesus aan ander te toon en te bewys? Hierdie leesplan sluit agt van die geestelike dissiplines in om jou te help groei in geloof, sodat dit na ander toe sal oorloop!

More

Baie dankie aan The Billy Graham Center by Wheaton College wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.billygrahamcenter.org