Die Pasgafees, Ongesuurde Brode en EerstelingsgerfVoorbeeld
CHRISTUS IN DIE PAASFEES
Toe Johannes die Doper vir Jesus Christus sien, het hy verklaar: “Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!” (Johannes 1:29 AFR53).
Toe die tyd nader kom dat Jesus Christus moes sterf, het Hy doelbewus sy skedule en persoonlike aktiwiteite om die gebeurtenisse gereël wat met die uitkies, voorbereiding en slagting van die paaslam saamgaan. Op hierdie wyse sou die Jode later daartoe in staat wees om te verstaan wie Hy was – hulle Paaslam. Christus was bestem om gekruisig te word in die presiese maand, op die presiese dag en uur waarop die Jode die paaslammers vir bykans 1 500 jaar tydens hulle pasga hanteer het.
- Op die negende Nisan het Jesus Christus na Betanië gegaan (Johannes 12:1 AFR53), en op die 10de Nisan het Hy Jerusalem binnegegaan (Johannes 12:12-13 AFR53).
- Die godsdienstige leiers van Israel het vyf dae lank die Lam van God “ondersoek” deur vrae en kruisondervraging (Matteus 21-22 AFR53).
- Jesus Christus is op 14 Nisan gekruisig. Hy is om 9:00 aan die kruis vasgespyker en het die middag om 15:00 gesterf (Markus 15:25; 33-37).
Die eerste eeuse Joodse geskiedskrywer, Josephus, het geskryf dat in Jerusalem daar ongeveer 256 500 lammers geslag is in die jaar wat Jesus Christus gekruisig is. Omdat daar so baie lammers was, was dit vir die Joodse Leviete en priesters nodig om reeds 9:00 te begin om hulle voor te berei vir die slagting. Toe is al die lammers teen 15:00 klaar geslag sodat die pasga voor 18:00 voltooi kon wees — wanneer die nuwe dag sou begin.
Christus het Homself geheel en al oorgegee om deur die vuur van God se oordeel te gaan toe Hy aan die kruis vir ons sondes gesterf het.
Gewoonlik is ‘n gekruisigde se bene net onder die knieë gebreek om die dood te bespoedig wat voor 18:00 moes plaasvind sodat die liggaam van die kruis afgehaal kon word. Nie een van Jesus Christus se bene is egter gebreek nie (Johannes 19:31-33 AFR53), alhoewel die twee kwaaddoeners wat saam met Hom gekruisig is, se bene wel gebreek is.
Die lam moes manlik wees, van die skape of bokke, ‘n rammetjie (Exodus 12:5 AFR53). In Jesaja 53:7 (AFR53) is die profesie opgeskryf dat die Messias soos ‘n lam ter slagting gelei sal word. So het Christus die Seun van God, die Lam van God, sy lewe geoffer. Die bloed van die offerdier het sonde slegs bedek (Hebreërs 10:1-4); Christus se bloed neem egter sonde heeltemal weg (Hebreërs 10:5-18).
Aangaande hierdie leesplan
In hierdie leesplan ondersoek ons die eerste van drie heilige samekomste of feeste wat die Israeliete elke kalenderjaar ter ere van die Here moes onderhou.
More
Ons wil graag Raymond Lombard Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.raymondlombard.com/