Die Pasgafees, Ongesuurde Brode en EerstelingsgerfVoorbeeld

Die Pasgafees, Ongesuurde Brode en Eerstelingsgerf

DAG 6 VAN 7

DIE FEES VAN DIE EERSTELINGSGERF

Die Here beveel vir Moses: “... As julle in die land kom wat Ek julle gee en sy opbrings oes, moet julle die eerstelingsgerf van julle oes na die priester bring. En hy moet die gerf voor die aangesig van die HERE beweeg, sodat julle welgevallig kan wees; die dag ná die sabbat moet die priester dit beweeg” (Levitikus 23:10-11 AFR53).

Dit is duidelik dat die kinders van Israel nie hierdie fees in die woestyn kon vier nie. Nie net moes hulle in Kanaän wees nie, maar hulle moes die land besit, voordat hulle kon oes en die eerste gerwe na God bring.

Hierdie fees moes gehou word op die dag ná die sabbat. Dit is die 17de Nisan, dus die eerste dag van die week, naamlik Sondag. Vir die Hebreërs was die doel van die fees om die garsoes aan die Here toe te wy. God het die land voorsien en regtens behoort die hele oes aan Hom. Die volk was slegs die rentmeesters en deur die eerstelinge (eerste van die oes) aan die Here op te dra, was dit eintlik verteenwoordigend van die hele oes. Die eerste gerwe is deur die priester voor die Here beweeg (gewuif) as ‘n beweegoffer.

Die eerstelingsgerf herinner ons aan Jesus Christus ons Voorsiener en Opstanding. Paulus skryf: “Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het ... so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word maar elkeen in sy eie orde; as eersteling Christus ...” (1 Korintiërs 15:20-23 AFR53).

Jesus Christus het uit die dood opgestaan, ná die sabbat, op die eerste dag van die week (Johannes 20:1, 19). Jesus Christus het die fees van die eerstelinge vervul toe Hy as die eersteling uit die dood opgewek is.

Sy opstanding het die begin aangekondig van die oes van siele wat deur die Here Jesus Christus aan God gewy is (Jesaja 53:10-12; Hebreërs 2:9-13 - AFR53).

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Die Pasgafees, Ongesuurde Brode en Eerstelingsgerf

In hierdie leesplan ondersoek ons die eerste van drie heilige samekomste of feeste wat die Israeliete elke kalenderjaar ter ere van die Here moes onderhou.

More

Ons wil graag Raymond Lombard Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.raymondlombard.com/