Die Pasgafees, Ongesuurde Brode en EerstelingsgerfVoorbeeld

Die Pasgafees, Ongesuurde Brode en Eerstelingsgerf

DAG 4 VAN 7

ONGESUURDE BRODE

Die besonderhede van hierdie fees (van ongesuurde brode), is verweef met dié van Paasfees en die twee feeste is feitlik saam gevier. Die Paasfeeslam was eintlik die grondslag vir al die ander feeste, maar in die besonder het dit die Fees van Ongesuurde Brode ingelui.

Ons lees van hierdie fees in Levitikus 23:6-8 (AFR53): “En op die vyftiende dag van hierdie maand is die fees van die ongesuurde brode van die HERE; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet ...” Die fees het sewe dae geduur, naamlik van die 15de tot die 21ste van die maand Nisan (Abib).

Hierdie fees was ‘n herdenking van hulle wegbreek en uittog uit Egipte. Hierdie fees moes hulle altyd daaraan herinner dat hulle van Egipte met sy verdrukking, gebondenheid, hartseer en lyding verlos is; dit het hulle alles agtergelaat as deel van hulle ou lewens (Exodus 13:3-8 AFR53). Toe die farao in Egipte vir die Jode toestemming gegee het om weg te trek, moes hulle dit haastig doen voordat hy weer van besluit verander — en daar was nie nog tyd om die brood vir padkos in te suur nie. In die Bybel word suurdeeg, weens die gisting- en deurdringingseienskappe, oor die algemeen as ‘n metafoor vir sonde gebruik.

“Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ‘n nuwe deeg kan wees – soos julle inderdaad ongesuurd is – want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus. Laat ons dan feesvier, nie met ou suurdeeg ... nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid” (1 Korintiërs 5:7-8 AFR53).

Christus praat ook van suurdeeg as ‘n metafoor vir valse onderrig en skynheiligheid (Matteus 16:11-12; Markus 8:15; Luk 12:1 - AFR53).

In die Nuwe Testament vind ons Jesus Christus, die Brood van die Lewe, wat uit die hemel neergedaal het en Hy het geen suurdeeg in Hom gehad nie – Hy was sonder sonde (1 Johannes 3:5; 2 Korintiërs 5:21; Johannes 6:32-35; 47-51; 53-58 - AFR53).

In die Ou Testament het God deur middel van die Fees van die Ongesuurde Brode vir sy volk gedemonstreer hoe hulle hulleself moet afsonder, dus afskei van Egipte. Die Nuwe Testamentiese gelowige in Christus, wat deur die bloed van die Pasgalam, Jesus Christus, verlos is, moet ook van sonde, valse leringe en alle geveinsdheid afgesonder wees.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Die Pasgafees, Ongesuurde Brode en Eerstelingsgerf

In hierdie leesplan ondersoek ons die eerste van drie heilige samekomste of feeste wat die Israeliete elke kalenderjaar ter ere van die Here moes onderhou.

More

Ons wil graag Raymond Lombard Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.raymondlombard.com/