Hoor Van God Elke OggendVoorbeeld
Eerste Reaksie
Soms verbaas ek my vir hoe lank ons kan worstel met 'n saak voordat ons daaraan dink om met God daaroor te praat en te luister vir Sy stem. Ons kla oor ons probleme; ons mor; ons murmureer; ons vertel ons vriende; en ons praat oor hoe ons wens dat God iets daaromtrent sal doen. Ons worstel met situasies in ons gedagtes en in ons emosies, terwyl ons dikwels nalaat om die eenvoudigste oplossing wat daar is, te aanvaar: gebed. Maar, nog erger, ons maak dan seker die mees verregaande stelling bekend aan die mens: "Wel, ek veronderstel al wat ek kan doen is bid." Ek is seker jy het dit voorheen gehoor en miskien selfs gese. Ons het almal. Ons is skuldig daaraan dat ons gebed as 'n laaste uitweg sien en dinge se soos, " Wel, niks anders help nie, so miskien moet ons maar bid." Weet jy wat dit vir my se? Dit se vir my dat ons nie regtig glo soos ons moet in die krag van gebed nie. Ons dra laste wat ons nie hoef te dra nie - en die lewe is baie moeiliker as wat dit behoort te wees - want ons besef nie hoe kragtig gebed is nie. As ons dit besef het, sou ons met God gepraat en geluister het na wat Hy se oor alles, nie as 'n laaste uitweg nie, maar as 'n eerste reaksie.
God se Woord aan jou vandag: Laat gebed jou eerste reaksie wees, nie jou laaste uitweg nie.
Uit die boek Hoor Elke More van God (Hearing from God Each Morning) deur Joyce Meyer. Kopiereg 2010 deur Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords. Alle regte voorbehou.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
In vandag se wêreld word ons omring deur geraas. Ons word oorweldig deur die stemme om ons- ons kinders, vriende, egmaat, en selfs onsself. Afgelei deur hierdie klanke, vergeet ons vinnig hoe om na die belangrikste stem van almal te luister - God se stem. Hierdie dagstukkies bied kort, bemagtigingde herinneringe wat jou sal inspireer en help om jou tyd met God jou eerste prioriteit te maak, 'n passie vir daaglikse tyd met Hom te ontwikkel, Sy antwoorde op jou gebede te verstaan en jou verhoudings te onderhou terwyl jy meer persoonlike tyd met God spandeer. Begin jou dag met iemand wat nie net jou meer lief het as wat jy jou kan verbeel nie, maar ook al die antwoorde het wat jy ooit sal nodighê!
More
We would like to thank Joyce Meyer Ministries for providing this reading plan. For more information, please visit: www.joycemeyer.org