Hoor Van God Elke OggendVoorbeeld

Hearing From God Each Morning

DAG 4 VAN 14

'n Tuiste vir God se Gees

As jy weergebore is, weet jy hopelike dat Jesus binne-in jou woon deur die krag van die Heilige Gees. Die vraag is, is God gemaklik in jou? Voel Hy tuis binne jou? Al woon die Gees van God in jou, woon ander dinge ook in jou - soos vrees, woede, jaloesie of kla en sanik

. God het my eenmaal 'n illustrasie gegee van hoe dit vir Hom is om in 'n hart te leef waar kla, sanik en onenigheid tuisgaan. Veronderstel jy gaan na 'n vriendin se huis toe en die vriendin se, "O, kom gerus binne. Ek kry vir jou 'n koppie koffie. Maak jou gemaklik en wees tuis." Dan begin jou vriendin vir haar man skree en die twee van hulle stry en baklei en gaan aan reg voor jou. Hoe gemaklik sal jy wees in die teenwoordigheid van sulke struweling?

As ons 'n gemaklike "tuiste" vir die Gees van die Here wil wees, moet ons die dinge opgee wat ons laat vergeet van Sy teenwoordigheid of wat aanstootlik is vir Hom. Ons moet ophou kla, ophou om struweling en onrus in ons toe te laat, of onvergifnis rond te dra. Ons moet liewer seker maar dat ons innerlike lewes besig is met die dinge wat God se teenwoordigheid eer en behaag. Ons monde behoort vol te wees van lof en danksegging. Ons behoort elke dag wakker te word en in ons harte te se, "Goeiemore, Here. Ek wil graag he U moet tuis en gemaklik wees in my vandag."

Ons het almal nodig om voorraadopname tem maak van wat in ons harte ingaan, want dit is die woonplek van God. Wanneer ons ons innerlike lewes ondersoek, kyk ons na heilige grond wat God gekies het vir Sy tuiste. Kom ons wy ons toe om Hom gemaklik te maak in ons.

God se woord vir jou vandag: Maak seker dat jy 'n gemaklike tuiste vir die Gees van die Here is.

Uit die boek Hoor Elke More van God (Hearing from God Each Morning) deur Joyce Meyer. Kopiereg 2010 deur Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords. Alle regte voorbehou.
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Hearing From God Each Morning

In vandag se wêreld word ons omring deur geraas. Ons word oorweldig deur die stemme om ons- ons kinders, vriende, egmaat, en selfs onsself. Afgelei deur hierdie klanke, vergeet ons vinnig hoe om na die belangrikste stem van almal te luister - God se stem. Hierdie dagstukkies bied kort, bemagtigingde herinneringe wat jou sal inspireer en help om jou tyd met God jou eerste prioriteit te maak, 'n passie vir daaglikse tyd met Hom te ontwikkel, Sy antwoorde op jou gebede te verstaan en jou verhoudings te onderhou terwyl jy meer persoonlike tyd met God spandeer. Begin jou dag met iemand wat nie net jou meer lief het as wat jy jou kan verbeel nie, maar ook al die antwoorde het wat jy ooit sal nodighê!

More

We would like to thank Joyce Meyer Ministries for providing this reading plan. For more information, please visit: www.joycemeyer.org