Hoor Van God Elke OggendVoorbeeld

Hearing From God Each Morning

DAG 8 VAN 14

Om God se Gebede te Bid.

Ek dink een van die redes waarom ons soms onvoldoende voel in gebed of 'n gevoel ervaar dat ons nie "klaar" gebid het oor 'n saak nie, is omdat ons so baie tyd spandeer om ons eie gebede te bid. Maar laat ek jou vertel, daar is 'n beter, hoër, meer effektiewe manier: om God se gebede te bid. Om eerlik te wees, as ek my gebed bid, kan ek oor iets praat vir 15 minute en steeds onvoltooidheid ervaar; maar as ek my deur die Heilige Gees laat lei en God se gebed bid, kan ek met twee sinne volkome bevrediging ervaar.

Ek vind dat wanneer ek Gees-geleide gebede bid, dit gewoonlik eenvoudiger en korter is as wat my eie sou wees. Dit is direk, sonder omhaal van woorde en op die punt af. Ek ervaar bevrediging dat die taak afgehandel is wanneer ek volgens God se leiding bid, in plaas van my eie insig. Wanneer ons volgens eie insig bid, fokus ons gewoonlik op vleeslike dinge en omstandighede, maar as ons ons deur God laat lei, sal ons vind dat ons meer oor sake van ewigheidswaarde bid, soos om ons gedagtes en motiewe rein te hou en 'n dieper verhouding met God te verkry. Vra vir God om jou te leer hoe om Sy gebede in plaas van jou eie te bid en jy sal gebed baie meer geniet.

God se woord vir jou vandag: Bid God se gebede, nie jou eie nie.

Uit die boek "Hearing from God each Morning" deur Joyce Meyer. Kopiereg 2010 Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords. Alle regte voorbehou.
Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Hearing From God Each Morning

In vandag se wêreld word ons omring deur geraas. Ons word oorweldig deur die stemme om ons- ons kinders, vriende, egmaat, en selfs onsself. Afgelei deur hierdie klanke, vergeet ons vinnig hoe om na die belangrikste stem van almal te luister - God se stem. Hierdie dagstukkies bied kort, bemagtigingde herinneringe wat jou sal inspireer en help om jou tyd met God jou eerste prioriteit te maak, 'n passie vir daaglikse tyd met Hom te ontwikkel, Sy antwoorde op jou gebede te verstaan en jou verhoudings te onderhou terwyl jy meer persoonlike tyd met God spandeer. Begin jou dag met iemand wat nie net jou meer lief het as wat jy jou kan verbeel nie, maar ook al die antwoorde het wat jy ooit sal nodighê!

More

We would like to thank Joyce Meyer Ministries for providing this reading plan. For more information, please visit: www.joycemeyer.org

Verwante Leesplanne