Hoor Van God Elke OggendVoorbeeld
God praat in baie maniere
In vandag se vers, verklaar God dat hy praat, en wanneer Hy doen, praat Hy met geregtigheid. Ons kan altyd staat maak dat wat hy sê, reg is. God praat met ons in baie maniere wat insluit, maar nie beperk is tot Sy Woord, die natuur, mense, omstandighede, vrede, wysheid, bonatuurlike ingryping, drome, visioene, en wat sommige na verwys as "Die Binneste Getuienis" wat die beste beskryf word as die "wete" diep binne ons harte. Hy praat ook in wat die Bybel 'n "sagte, klein stem" noem, wat ek ook glo verwys na die binneste getuienis.
God praat ook deur die gewete, deur ons begeertes en in 'n hoorbare stem, maar onthou altyd dat wanneer Hy praat, dat dit wat Hy sê, altyd reg is en ooreenstem met die geskrewe Woord. Ons hoor bittermin God se hoorbare stem, maar dit gebeur tog. Ek het Sy hoorbare stem drie of vier keer deur die roete van my lewe gehoor. Op twee van die geleenthede, het ek geslaap en Sy stem het my wakker gemaak deur slegs my naam te roep. Al wat ek gehoor het was "Joyce," maar ek het geweet dit was God wat praat. Hy het nie gesê wat hy wou hê nie, maar ek het geweet dat Hy my roep om iets spesiaal vir hom te doen, al het dit 'n paar jaar gevat voordit dit duidelik geword het.
Ek wil jou aanmoedig om God te vra om jou te help om Sy stem te hoor in enige manier wat Hy kies om met jou te praat. Hy is lief vir jou; Hy het goeie planne vir jou lewe; en Hy wil met jou praat oor die dinge.
God se woord vir jou vandag: God praat in baie maniere; onthou net - Hy sal nooit die Bybel weerspreek nie.
Vanaf die boek Hearing from God Each Morning deur Joyce Meyer. Kopiereg 2010 deur Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords. Alle regte voorbehou.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
In vandag se wêreld word ons omring deur geraas. Ons word oorweldig deur die stemme om ons- ons kinders, vriende, egmaat, en selfs onsself. Afgelei deur hierdie klanke, vergeet ons vinnig hoe om na die belangrikste stem van almal te luister - God se stem. Hierdie dagstukkies bied kort, bemagtigingde herinneringe wat jou sal inspireer en help om jou tyd met God jou eerste prioriteit te maak, 'n passie vir daaglikse tyd met Hom te ontwikkel, Sy antwoorde op jou gebede te verstaan en jou verhoudings te onderhou terwyl jy meer persoonlike tyd met God spandeer. Begin jou dag met iemand wat nie net jou meer lief het as wat jy jou kan verbeel nie, maar ook al die antwoorde het wat jy ooit sal nodighê!
More
We would like to thank Joyce Meyer Ministries for providing this reading plan. For more information, please visit: www.joycemeyer.org