Hoor Van God Elke OggendVoorbeeld
God Praat deur Gawes en Vermoëns
Mense wonder dikwels: Wat is ek veronderstel om te doen met my lewe ? Wat is die doel van my lewe ? Het God 'n plan vir my? Een manier waarop God hierdie vrae beantwoord is deur ons natuurlike gawes en vermoëns. Hy lei ons om ons doel te verstaan deur die vaardighede en talente wat Hy ons gee.
'n Godgegewe talent, of wat ons dikwels " 'n gawe" noem, is iets wat ons maklik kan doen, iets wat natuurlik kom. Byvoorbeeld, baie groot kunstenaars weet net hoe om vorm en kleur saam te stel, dus geniet hulle skilder, beeldhouwerk, of die ontwerp van geboue. Baie liedjieskrywers hoor musiek in hul koppe, en hulle skryf eenvoudig hierdie melodieë en/of lirieke neer om pragtige musiek te maak. Sommige mense het natuurlike vermoëns om te organiseer of te administreer, terwyl ander begaafd is as beraders wat mense help om hul lewens en verhoudings reg te kry. Wat ookal ons talente, ons put groot plesier daaruit om te doen wat ons natuurlik goed doen .
As jy nie seker is van jou doel in die lewe nie, doen net waarmee jy goed is en kyk hoe God jou keuses bevestig deur jou pogings te seen. Moenie jou lewe spandeer aan probeer doen wat jy nie begaafd is om te doen nie. Wanneer mense werk in poste waarvoor hulle nie aangele is nie, is hulle is uiters ongelukkig - en so ook almal om hulle . Maar wanneer mense werk in die regte poste vir hulle, blink hulle uit in hul werk en is 'n seen vir hul werkgewers en medewerkers.
As ons doen waarin ons goed is, sal ons God se salwing (teenwoordigheid en krag) op ons pogings aanvoel. Ons sal weet ons is besig om in ons gawes te opereer en dat, deur dit te doen, ons God vereer en aan ander lewe bedien. God praat met ons deur hierdie salwing, gee ons vrede en vreugde om te weet ons vervul Sy plan vir ons lewens.
God se Woord vir jou vandag : Doen waarmee jy goed is - dis God se geskenk aan jou.
Uit die boek Hoor van God Elke Oggend deur Joyce Meyer. Copyright 2010 by Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords . Alle regte voorbehou.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
In vandag se wêreld word ons omring deur geraas. Ons word oorweldig deur die stemme om ons- ons kinders, vriende, egmaat, en selfs onsself. Afgelei deur hierdie klanke, vergeet ons vinnig hoe om na die belangrikste stem van almal te luister - God se stem. Hierdie dagstukkies bied kort, bemagtigingde herinneringe wat jou sal inspireer en help om jou tyd met God jou eerste prioriteit te maak, 'n passie vir daaglikse tyd met Hom te ontwikkel, Sy antwoorde op jou gebede te verstaan en jou verhoudings te onderhou terwyl jy meer persoonlike tyd met God spandeer. Begin jou dag met iemand wat nie net jou meer lief het as wat jy jou kan verbeel nie, maar ook al die antwoorde het wat jy ooit sal nodighê!
More
We would like to thank Joyce Meyer Ministries for providing this reading plan. For more information, please visit: www.joycemeyer.org