Hoor Van God Elke OggendVoorbeeld
Aanbid God in Sy Teenwoordigheid
Daar is maniere om onsself beskikbaar te maak om God se stem te hoor en een van hulle is om vererend en opreg te te loof en aanbid. God verheug Hom daarin om Sy teenwoordigheid en krag aan diegene te openbaar wat Hom waarlik loof en aanbid. En wanneer Sy teenwoordigheid en krag kom, hoor ons Sy stem, sien ons wonderwerke, word mense geneer, lewes verander en vind transformasie plaas van binne na buite.
Is dit nie deel van wat jy wil he in jou verhouding met God nie? Wanneer jy met Hom praat en vir Sy stem luister, bid jy nie hoofsaaklik omdat jy die een of ander verandering of transformasie wil he in 'n area van jou lewe nie? As jy Hom vra om 'n nuwe werk te voorsien, is dit verandering. As jy bid vir 'n geliefde om die Here te leer ken, is dit verandering. As jy God vra om Homself meer aan jou te openbaar en jou in geestelike volwassenheid te help groei, is dit verandering. As jy bid vir die tiener wat in die straat af woon om op te hou dwelms gebruik, is dit verandering. As jy God vra om jou te help dat jy nie jou humeur so gou verloor nie, is dit verandering.
Waarvoor jy ookal bid, een van die beste maniere om te begin is met lof en aanbidding. Dit sal jou hart reg hou voor God en vir jou die weg maak om Sy stem te hoor en vir verandering om plaas te vind.
God se Woord vir jou vandag: Wanneer jy God se stem wil hoor, loof en aanbid Hom.
UIt die boek Hoor van God Elke Oggend deur Joyce Meyer. Kopiereg 2010 deur Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords. Alle regte voorbehou.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
In vandag se wêreld word ons omring deur geraas. Ons word oorweldig deur die stemme om ons- ons kinders, vriende, egmaat, en selfs onsself. Afgelei deur hierdie klanke, vergeet ons vinnig hoe om na die belangrikste stem van almal te luister - God se stem. Hierdie dagstukkies bied kort, bemagtigingde herinneringe wat jou sal inspireer en help om jou tyd met God jou eerste prioriteit te maak, 'n passie vir daaglikse tyd met Hom te ontwikkel, Sy antwoorde op jou gebede te verstaan en jou verhoudings te onderhou terwyl jy meer persoonlike tyd met God spandeer. Begin jou dag met iemand wat nie net jou meer lief het as wat jy jou kan verbeel nie, maar ook al die antwoorde het wat jy ooit sal nodighê!
More
We would like to thank Joyce Meyer Ministries for providing this reading plan. For more information, please visit: www.joycemeyer.org