Hoor Van God Elke OggendVoorbeeld
God Praat met Sy Vriende
Daar is miskien na niemand meer dikwels verwys as "God se Vriend" nie as Abraham. Terwyl die Bybel na Dawid verwys as "'n man na God se hart" en na Johannes as "die dissipel vir wie Jesus liefgehad het," het Abraham die onmiskenbare eer om die vriend van God genoem te word op verskeie plekke in die Skrif.
Toe God besluit het om strafgerig uit te oefen oor die boosheid van die mense van Sodom en Gomorra, het Hy Abraham vertel wat Hy beplan.
In 'n vrienskap vertel mense mekaar wat hulle beplan. Omdat God Abraham as Sy vriend beskou het, het Hy hom vertel wat Hy gaan doen - net soos jy jou vriend sal vertel wat jy gaan doen. Toe Abraham hoor van die uitwissing wat God vir Sodom en Gomorra beplan, het hy "nadergekom en gese: "Sal U ook die regverdige saam met die goddelose ombring?' " (Genesis 18:23 1933-'53-vertaling) Net soos God Sy planne met Abraham gedeel het omdat hulle vriende was, so het Abraham "nadergekom" aan God en openlik en vrymoedig gepraat oor Sy planne - omdat hulle vriende was. Hulle het 'n verhouding gehad waarin hulle vryelik kon kommunikeer; hulle kon openlik praat. Die soort intimiteit wat Abraham met God geniet het, kom uit verseker wees van Sy liefde.
God wil ook jou vriend wees - met jou praat en luister wat jy vir Hom te se het. Begin vandag om op 'n hele nuwe manier te aanvaar dat jy God se vriend is en dat jy Hom as sulks kan nader.
God se Woord vir jou vandag: Ontwikkel 'n verhouding met God waarin jy vryelik met Hom kan praat en jy maklik kan hoor wat Hy vir jou se.
Uit die boek Hearing from God Each Morning deur Joyce Meyer. Kopiereg 2010 deur Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords. Alle regte voorbehou.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
In vandag se wêreld word ons omring deur geraas. Ons word oorweldig deur die stemme om ons- ons kinders, vriende, egmaat, en selfs onsself. Afgelei deur hierdie klanke, vergeet ons vinnig hoe om na die belangrikste stem van almal te luister - God se stem. Hierdie dagstukkies bied kort, bemagtigingde herinneringe wat jou sal inspireer en help om jou tyd met God jou eerste prioriteit te maak, 'n passie vir daaglikse tyd met Hom te ontwikkel, Sy antwoorde op jou gebede te verstaan en jou verhoudings te onderhou terwyl jy meer persoonlike tyd met God spandeer. Begin jou dag met iemand wat nie net jou meer lief het as wat jy jou kan verbeel nie, maar ook al die antwoorde het wat jy ooit sal nodighê!
More
We would like to thank Joyce Meyer Ministries for providing this reading plan. For more information, please visit: www.joycemeyer.org