Hoor Van God Elke OggendVoorbeeld
Bid en gee aan God danksegging.
Danksegging is baie belangrik in orde om God se stem te hoor, net soos lof en aanbidding is dit iets waarop God reageer. Dit verwarm God se hart, dis iets waarvoor Hy lief is. Wanneer ookal ons God só behaag verinnig ons intimiteit met Hom - en dit beteken 'n beter verhouding met Hom.
As ons nie dankbaar is vir wat ons het nie, hoekom moet Hy ons iets anders gee om oor te kla? Aan die ander kant, wanneer God sien dat ons opreg dankbaar is en gelukkig is met die groot én die klein dingetjies, sal Hy dan meer toegeneë wees en ons sodoende meer seën. Volgens Fillipense 4:6 moet ons alles waarvoor ons God vra voorafgaan, en saamvoeg met danksegging. So watookal ons voor vra, doen dit met danksegging. 'n Goeie gewoonte is om altyd al jou gebede met danksegging te begin. 'n Voorbeeld hiervan sou wees: "Dankie vir alles wat U in my lewe doen. Wonderlike Vader, ek het U opreg lief, en ek waardeer alles wat U doen."
Ek moedig jou aan, doen selfondersoek, gee aandag aan jou gedagtes en jou woorde, en kyk na die danksegging wat jy uiter. Hier's 'n uitdaging: probeer om een hele dag deur te kom sonder 'n enkele klagte. Ontwikkel 'n dankseggings houding vir elke situasie. Word net ongelooflik dankbaar - en ervaar hoe jou intimiteit met God toeneem soos wat Hy jou meer en meer seën, nog meer as ooit tevore.
God se woord vir jou vandag is dít: Spreek woorde van danksegging, nie woorde vol klagtes nie.
Vanaf die boek Hearing from God Each Morning deur Joyce Meyer. Kopiereg 2010 deur Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords. Alle regte voorbehou.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
In vandag se wêreld word ons omring deur geraas. Ons word oorweldig deur die stemme om ons- ons kinders, vriende, egmaat, en selfs onsself. Afgelei deur hierdie klanke, vergeet ons vinnig hoe om na die belangrikste stem van almal te luister - God se stem. Hierdie dagstukkies bied kort, bemagtigingde herinneringe wat jou sal inspireer en help om jou tyd met God jou eerste prioriteit te maak, 'n passie vir daaglikse tyd met Hom te ontwikkel, Sy antwoorde op jou gebede te verstaan en jou verhoudings te onderhou terwyl jy meer persoonlike tyd met God spandeer. Begin jou dag met iemand wat nie net jou meer lief het as wat jy jou kan verbeel nie, maar ook al die antwoorde het wat jy ooit sal nodighê!
More
We would like to thank Joyce Meyer Ministries for providing this reading plan. For more information, please visit: www.joycemeyer.org